top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Om eg en reg lief te hê


God hou van mense, alle mense! Hy het selfs Sy vyande lief. Die meeste van ons hou ook van ander mense, maar definitief nie van álle ander mense nie. Ons hou eintlik net van oulike ander mense. Baie van ons hou wel ook ’n bietjie van God. Ons sê graag ons dien Hom. Ons versuim egter om te doen wat God doen, naamlik om ander ruim lief te hê, soos wat Hy hulle ruim liefhet.


1 Johannes 2 herinner ons daaraan dat as ons sê ons het God lief, maar ons het nie mekaar lief nie, dan lieg ons. Om God lief te hê, is om Sy mense lief te hê, asook diegene, wat nie in Hom glo nie. Hoe lyk sulke onselfsugtige liefde? Dit offer op. Johannes leer ons in 1 Johannes 4:9 dat God se liefde sigbaar geword het, toe Jesus Sy lewe opgeoffer het, sodat ons vir altyd kan leef. Op soortgelyke maniere moet ons onsself opoffer en ander mense dien. Dan het ons God reg lief. Dan het ons ander mense reg lief.

Comments


bottom of page