Om daagliks saam met Jesus te stap
top of page

Om daagliks saam met Jesus te stap


‘n Ouer vriendin van ons moes onlangs nege tande in een sessie laat trek. Omdat sy nie baie goed op medikasie reageer nie, het sy besluit om nie van narkose of selfs sedasie gebruik te maak nie. Sy vertel hoedat sy in die tandarts se stoel gelê het, so besig om te bid vir die man, dat sy verbaas was toe hy sê hy is klaar!

Haar getuienis herinner só aan Henog, wat op ‘n natuurlike manier saam met God gewandel het. Drie geslagte later het Noag, ten spyte van die in-sonde-vervalle wêreld, waarin hy geleef het, nogtans naby God geleef. Dit het daartoe gelei dat God hom opdrag gegee het om die ark te bou, waarin nie net hy en sy gesin die vloed kon oorleef nie, maar ook ‘n versameling van die diere van sy tyd. Beide Henog en Noag word in Hebreërs 11 as geloofshelde beskryf as gevolg van hulle geloof, wat neerslag in hulle lewenstyl gevind het.


Hierdie tipe geloof, hierdie vertroue in God, word natuurlik gevoed deur tyd in Sy teenwoordigheid met Sy Woord (die Bybel) te spandeer en onder leiding van en bekragtig deur Sy Heilige Gees elke dag aan te pak. Hoe beter ek Hom leer ken, hoe meer sal ek Hom in elke lewensituasie vertrou. Dawid het gesê: As for me … I shall be fully satisfied, when I awake [to find myself] beholding your form [and having sweet communion with You]. - Psalm 17:15 AMPC


So kan ek met vertroue elke dag instap, verseker van my kindskap van ‘n hemelse Vader, geborge in Sy liefde. Dan vind ek dat hierdie diepste van verhoudings my ander verhoudings beïnvloed, soos Nickie Gumbel sê: In your personal relationships (to) lay aside malice, revenge and retribution and show mercy and grace to the person who has hurt you. Nickie Gumbel

bottom of page