Nuwejaarsdrome
top of page

Nuwejaarsdrome


Alet Gardner skryf in haar nuutste artikel vir ekerk oor wat ons by Nike kan leer tov nuwejaarsdrome.
Nuwejaarsdrome

“Just do it!” Hierdie Nike-slagspreuk was op ‘n keer vir my ‘n antwoord op gebed. Ek was op ‘n lang internasionale vlug en het oorweldig gevoel deur ‘n lys van Nuwejaarsdrome – dinge wat ek moes doen en graag wou doen. So halfpad deur die vlug het ‘n jongman in die gangetjie by my verbygestap met ‘n T-hemp aan wat met groot letters uitbasuin het: “Just do it!” Op daardie oomblik was dit asof die Here self vir my sê: “Doen dit net!” Ek het, nodeloos om te sê, met ywer en vertroue begin werk aan my drome en intussen drie boeke kon publiseer.

Hierin lê vir my ‘n Nuwejaarsles: Om nie oorweldig te raak deur die onstuimige see van ‘n nuwe jaar met die kompliserende faktore van ‘n pandemie en dreigende wêreldwye resessie nie. Oswald Chambers het so raak gesê:

Dieselfde golf wat ‘n gewone swemmer met vrees vervul, vul die ervare golfryer met ‘n gevoel van matelose opgewondenheid.

Die lewe is ‘n hinderniswedloop. Ek moenie moedeloos raak nie, maar my oë hou op Jesus, die Begin en Voleinder van my geloof, dan sal ek nie moedeloos word en uitsak nie. Ek doen dit deur daagliks in Bybelstudie en gebed myself te herinner dat Jesus reeds oorwinning behaal het, dat Hy my by die “wenpaal”, by my hemelse eindbestemming, inwag. Dat Hy Sy Gees gestuur het om my toe te rus vir die taak wat Hy vir my het, om vir my die insig en krag te gee vir die uitdagings wat oor my pad mag kom.


Lord, help us to keep stepping into the new and unfamiliar spaces into which you invite us that we may never lose the sense of adventure of following you as our Friend and Lord. -

Night Prayer, Trevor Hudson


bottom of page