Nie weeskinders nie
top of page

Nie weeskinders nie


Lees Johannes 14:18


Volgens Johannes bly die Heilige Gees vir altyd by ons om ons aan al Jesus se woorde en dade te herinner. Om ons lewe in pas met God se plan te bring, bou die Heilige Gees ons lewenshuise op Christus as enigste Fondament. Terselfdertyd rig Hy reg in die middel van ons lewenshuise vir Jesus ’n troon op en laat elke vertrek van ons lewe op hierdie “troonsaal” uitloop. Hy maak seker dat ons nie soos weeskinders voel, wat familieloos is nie. Nee, Hy verbind ons dag vir dag aan ons Hemelse Vader en aan Christus.


Helaas speel baie gelowiges eienaarbouer. Hulle trek self die bouplanne vir hulle lewens op. Hierdie mense doen dikwels al die “regte” godsdienstige dinge, soos om Sondae kerk toe te gaan, maar in hulle harte het ’n vreemde rewolusie plaasgevind. Hulle het die Gees se bouplanne gesteel en bou nou self hulle lewenshuise, soos wat hulle goed dink. Daar is gelukkig ’n oplossing vir alle “eienaarbouers”. Ons almal moet eenvoudig maar net die bouplanne en boumateriaal vir ons lewenshuise by die hemelse Meesterbouer kom inhandig. Ons moet die Heilige Gees toelaat om ons te vervul. Ons moet die kaart en transport van ons lewe aan Hom gee. Hy moet die sleutels van elke vertrek in ons lewenshuis kry. Sy teenwoordigheid moet soos ’n vars bries begin waai deur alles wat ons sê, dink en doen.


Gebed:

Hoe wonderlik om deel van U hemelse familie te wees, drie-enige Heer. Amen.

bottom of page