My taal is my wêreld
top of page

My taal is my wêreld


In hierdie Goeie Nuus skryf Stephan Joubert dat ons taal ons wêreld is.
My taal is my wêreld

“The limits of my language means the limits of my world,” het die bekende denker, Ludwig Wittgenstein, een keer gesê. Ware woorde! As die woorde op jou lippe destruktief, afbrekend en negatief is, is jou wêreld baie klein. O ja, en ook lewensgevaarlik. Dan maak jou woorde jou van binne af siek, asook vir elkeen binne trefafstand daarvan. Jou tong moet tot bekering kom, daagliks en aanhoudend! Jou woorde moet aanhoudend deurdrenk wees met die sagtheid en deernis van die Heilige Gees. Jou woorde moet in pas kom met Spreuke (Die Boodskap): “’n Gelowige se woorde is ’n onuitputlike bron van inspirasie" (10:11). “Wanneer ’n wyse praat, kan jy hoor hy ken die lewe" (10:13).”’n Gelowige se wyse woorde is soos saad, wat gesaai word. Mettertyd dra dit baie vrug in ander se lewe” (12:14). “’n Gelowige praat altyd die waarheid. ’n Mens kan op sy woord staatmaak" (12:17). “’n Slim mens is beskeie oor al sy kennis” (12:23). “’n Gelowige se woorde kan baie vir ander mense beteken. Hy trek self ook voordeel daaruit. Hy wat sy mond kan hou, bly uit die moeilikheid” (13:2-3).

bottom of page