Mond-oefeninge, die Here se soort
top of page

Mond-oefeninge, die Here se soort


Ons moet leer om reg te praat. Ons moet leer om die Here se soort taal te praat. Hier is ’n paar Bybelse riglyne:
Mond-oefeninge, die Here se soort

Ons moet leer om reg te praat. Ons moet leer om die Here se soort taal te praat. Hier is ’n paar Bybelse riglyne:

  • Praat eerlik. Jy skuld ander ’n stuk eerlikheid, veral as daar fout is in hulle lewe. Prediker 7 sê die eerlike woorde van ’n wyse is kosbaarder as die vleitaal van ’n dwaas.

  • Praat hartlangs. Leer by John Woolman (1720-1772). Hierdie kleremaker, wat gehelp het om slawerny af te stel binne Amerikaanse “Quaker” Gemeenskappe, moes een keer met ’n klomp Indiane gesels. Toe staan ’n plaaslike leier op en sit sy hand op Woolman se bors met die woorde: “ek wil voel waar sy woorde vandaan kom.” Na ’n ruk gee hy toe die teken dat die mense maar na Woolman kan luister. Hy praat uit die hart. Vir die Here tel sulke hartetaal ’n ewigheid meer as dooie lippetaal.

  • Praat opbouend. Dit gaan nie net oor die vermyding van vuil taal en lelike woorde nie. Ja, dit ook. Maar bou mense op deur danksegging en bemoediging (Efesiërs 5:16-20).

  • Praat die evangelie. Moenie jou skaam vir Christus nie. Dit is ’n krag tot redding soos wat Paulus in Romeine 1 skryf. Praat keurig en mooi oor Hom, sonder om jou geloof in ander se keel af te forseer.

bottom of page