Moet tog nie so gou aanstoot neem nie
top of page

Moet tog nie so gou aanstoot neem nie


“Ek neem aanstoot.” “I’m offended.” Dit is die in-ding om deesdae te sê. Natuurlik is sekere dinge en sekere opmerkings aanstootlik, maar ons moet oppas dat ons darem ook nie te fyngevoelig raak nie. Interessant genoeg is dit juis God se liefde, wat ons hiermee help. Paulus skryf onder andere in 1 Korintiërs 13 dat die liefde veroorsaak dat ons alles verdra wat mense na ons kant toe aangee. Die liefde het tot gevolg dat ons nie gedurig duistere motiewe in alles, wat ander mense sê of doen, inlees nie. Ons glo die beste van mekaar. Ook hoop ons die beste van mekaar. Ons gee graag die voordeel van die twyfel aan mekaar. Ons neem nie alles persoonlik op wat ander mense sê of doen nie.


God se liefde leer ons om mense te respekteer en om sensitief vir hulle menswees te wees. Maar God se liefde leer ons ook om nie te oorreageer as mense skerp na ons kant toe is nie. Dan stap ons eerder weg. Of ons antwoord met ’n sagte woord, soos wat Spreuke 15 leer. Dan is ons nie gedurig “diep seergemaak” deur ander mense nie. Dan leef ons reg.

bottom of page