Moenie van geluk ’n bewegende teiken maak nie
top of page

Moenie van geluk ’n bewegende teiken maak nie


C.K. Chesterton het gesê daar is net twee maniere om genoeg te hê:

  1. jy moet nog meer dinge op jou naam kry,

  2. jy moet minder nodig hê.

Laasgenoemde roete klink vir my presies in die kol. Dit beteken jy moet jou behoeftes inperk en tevrede raak met wie jy is en wat jy het. Ons leef egter in ’n wêreld wat ons probeer wysmaak dat ons gedurig nuwe dinge moet hê. Ekself het al ’n paar keer in hierdie einste lokval beland. Dan kom ek agter dit maak my nie gelukkiger nie. Mark Buchanan praat van “The cult of the next thing!” Dit beteken daardie volgende nuwe ding - daardie nuwe selfoon, klere, apparaat of voertuig - moet ons s’n word om gelukkig te kan wees. Solank as wat sulke nimmereindigende behoeftes ons dryf, gaan ons eie geluk ‘n bewegende teiken wees. Daarom moet ons weer Psalm 23:1 se tweede gedeelte lees en begin glo. Ons beaam graag vers 1 se eerste woorde: “Die Here is my herder.” Hoor egter wat skryf Dawid direk hierna: “Ek kom niks kort nie.” Saam met hom moet ons ophou om tekort-kommers te wees. Dit steel al ons lewensvreugde. Geluk is om in die teenwoordigheid van die goeie Herder te vertoef. Hy is genoeg!

bottom of page