Moenie so baie aandag aan die “bad stuff” gee nie
top of page

Moenie so baie aandag aan die “bad stuff” gee nie


In hierdie Goeie Nuus, skryf Stephan Joubert oor hoe om op te hou aandag aan al die "bad stuff" aandag te gee.
Moenie so baie aandag aan die “bad stuff” gee nie

In die film Pretty Woman raak Julia Roberts se karakter, Vivian, iewers die volgende woorde kwyt:

“The bad stuff is easier to believe. You ever notice that?”

Net so! Ons almal het die geneigdheid om te teveel krag aan negatiewe dinge te gee, maar om te min aan goeie gebeure. Slegte gebeure trek ons aandag baie vinniger as wat goeie dinge dit doen. Nadenke oor slegte dinge kuier sommer ook baie langer in ons kop rond as wat goeie impulse doen. Daarom is slegte nuus eintlik “goeie nuus” vir die openbare media. Mense  kyk en lees dit makliker. Hulle gee meer aandag daaraan.


In die lig van mense se voorkeur vir goor nuus is dit aangrypend dat Paulus gekies het om sy boodskap met een woord saam te vat: “evangelie,” oftewel “goeie nuus.” Sy prediking oor Christus is goeie nuus. Dit verskuif mense se aandag na daar waar dit hoort, na God toe, wat sy aardse eiendom kom soek, opspoor en dan lewenslank fees vier saam met hulle. Luister eerder hierna as na nog ’n sarsie slegte nuus. Spits jou aandag toe op dit, wat opbouend is. Vul jou gedagtes en jou lewe met die Here se nabyheid. Dan leer jy reg.

bottom of page