Moenie ly onder jouself nie
top of page

Moenie ly onder jouself nie


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus oor hoe ons ons waarde in Christus se kruis moet vind.
Moenie ly onder jouself nie
“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.”

Dit het ek ’n onderwyser op skool een keer vir ’n klasmaat hoor sê. Toe al het dit vir my na ’n ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of mens ‘n daarvan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisies nie, maar innerlik wel. Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as dit wat jy aan jouself behoort toe te ken, is suiwer lyding. Boonop is dit onnodig. Sulke komplekse steel die vreugde van die lewe van reg onder jou neus uit. 


Hoor hier, jy is nie minder werd as enigiemand anders nie. Moenie dat die lewe of ander mense jou dit probeer wysmaak nie. Trouens, jou waarde is só hoog dat Jesus jou raakgekyk het, toe Hy ons almal se seer en gemors by Golgota op sy eie skouers gelaai het. Jou waarde is só hoog dat God jou op jou naam ken, omdat jy in Hom glo. Jy is kosbaar. Punt! Laat staan al daardie ja-maars. Moenie langer ly onder jouself nie. Moenie ly onder ander mense, wat dalk probeer om jou anders te oorreed nie. Christus se kruis vertel vir jou wat jy regtig werd is.

bottom of page