top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Meld aan en help dat lewens gered word


Volodymyr Zelensky, die leier van die Oekraïne, is gevra hoe sou hy ’n oorwinning beskryf in die skrikwekkende oorlog met Rusland. Toe antwoord hy: “Victory is being able to save as many lives as possible.” Tot soveel as 10 miljoen van sy land se mense het reeds gevlug volgens sommige skattings. Hulle stede is aan flarde geskiet. Hulle huise is verwoes. Vroue en kinders slaap in openbare sale in buurlande terwyl hulle mans oorlog maak. En dit lyk nie of daar enige einde is aan al hierdie chaos nie.


Terwyl ons orals van sulke verhale hoor, asook van al die lyding wat die mense in KwaZulu-Natal moet deurgaan, huil en treur ons saam oor hierdie stukkende werklikheid waarbinne ons leef. Ons moet vir sulke lydendes intree by God. Ons moet bid dat God hulle genadig sal wees, en dat Hy uitkoms sal gee. Ook moet ons die Here dank vir elke lewe wat gered word; vir elke vlugteling wat ’n dak oor die kop kry; vir elke soldaat wat gespaar word; vir elke vredesinisiatief wat ’n verskil maak. Terselfdertyd moet ons ook die antwoord wees op ons eie gebede. Nadat ons gebid het, moet ons aanmeld om die regte impak te maak, daardie soort wat lewens red.

ความคิดเห็น


bottom of page