Maak jou kop weer jou vriend
top of page

Maak jou kop weer jou vriend


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief oor wat die Bybel ons leer oor hoe om ons kop weer op God gefokus te kry.
Maak jou kop weer jou vriend

Jou kop is nie aldag jou beste vriend nie. Jou kop het allerlei onbewuste “padkaarte” wat jou lewe “programmeer.” Jy weet dit nie eens nie, maar baie van jou negatiewe gevoelens en emosies word hierdeur aangevuur. Jy moet ingryp op jou kop. Hoe:

  • Kies aanhoudend om anders te dink. Volg Kolossense 3:2 se roete deur jou gedagtes op Christus te rig. Doen dit daagliks as deel van jou geestelike dissipline om die regte beheer terug te vat oor jou kop.

  • Kies om gedagtes te arresteer wat nie tot eer van God is nie (2 Korintiërs 10:4-5). Al kan jy nie keer dat sulke mossies oor jou kop vlieg nie, kan jy in die Here se Naam keer dat hulle in jou hare nesmaak.

  • Kies pro-aktief om ’n fynkenner van God se genade te wees. Jy fokus nie gedurig op alles wat verkeerd is nie. In Romeine 16:19 se taal raak jy toenemend onkundig oor sonde, maar ’n kenner van Goddelike wysheid. Jy word ’n kenner van die mooi dinge wat God doen in mense rondom jou. Dit waarop jy jou aandag fokus, word spoedig jou kop se voorkeur-roetes. Fokus daarom doelbewus op God. Fokus op sy genade in mense, en jou kop sal agterna groei.

bottom of page