Loop jy nog saam wanneer dinge suid draai vir Jesus?
top of page

Loop jy nog saam wanneer dinge suid draai vir Jesus?


Kort voor Paasfees het Jesus drie keer vir Sy dissipels gesê dat Hy in Jerusalem doodgemaak gaan word. So lees ons in Markus 8:31, 9:31 en 10:33-34. Dit was ’n reuse skok vir hulle, soveel so dat Petrus Hom summier in Markus 8:32 verbied het om sulke dinge te sê. Maar hierdie pad was die roete wat die Messias enduit moes bewandel. Jesus was met ’n kruis op pad na ’n baie moeilike afspraak in die stad van Dawid.


Jesus se navolgers se pad het skielik ook baie styl geraak. Dis geen wonder nie dat Johannes en Jakobus in Markus 10:35 vir Jesus gaan vra het of hulle solank die twee beste plekke in die hemel langs Hom kon bespreek. Maar toe hoor hulle dat hulleself eers ’n beker het om te drink, voordat hulle op sulke trone kan gaan sit. Die roete van Jesus verloop andersom: Eers ’n kruis, dan ’n kroon. Eers ’n beker, dan ’n troon. Vandag nog is dit die pad van Jesus. Terloops, stap jy al die pad saam met Hom, selfs al draai dit suid in die rigting van die kruis? Is jy bereid om selfs jou lewe vir Hom te verloor?

bottom of page