• deur Coen Slabber

Leier Nuusbrief Mei 2022


Generasie Alfa


In Matteus 16 lees ons ‘n interessante gesprek. Jesus vra vir sy dissipels: Wie sê die mense is die Seun van die Mens? (vers 13). Hulle antwoord deur die verskillende stories, wat hulle gehoor het, te herhaal: Sommige sê Johannes die Doper, ander Elia en ander weer Jeremia of een van die profete. Sonder om hierop te reageer, vra Jesus toe: Maar julle, wie sê julle is Ek?


Die eerste vraag is verbasend. Hoekom sou Jesus die dissipels vra om vals gerugte te herhaal? Hoekom het Hy nie net vir hulle gevra wie hulle dink Hy is nie?


Jesus het doelbewus Sy dissipels gevra om eerstens die kultuuraannames te identifiseer. Hy wou hê hulle moes die evangelie in teenstelling met die stories wat hulle gehoor het, sien. Jongmense moet die stories wat hulle geslag vertel, verstaan sodat hulle Christus se grootheid beter kan sien.


Die meeste kerkleiers begin nou eers die neigings van Generasie Z verstaan. Ons begin nou eers hulle groeptaal en neigings verstaan, asook die lens van hulle wêreldsiening en hulle immerveranderende tegnologiese behoeftes verstaan. Maar Generasie Z betree nou volwassenheid.


Generasie Alfa, wie se leiers in 2010 – 2012 gebore is, klop nou aan die deur. Hulle trek nou die aandag van jeugleraars. Die jeugbediening funksioneer nou in die spasie tussen twee geslagte. Dit gebeur net elke 15 tot 30 jaar.


As ons dissipelskap in hierdie spasie oorweeg, moet ons vasstel watter temas hulle vorm in dié kultuur. Daar is baie dinge wat die geslagte onderskei, maar drie kultuurstories word deur beide Generasies Z en Alfa gedeel:


1. Post-christelik

Jeugleraars kon vroeër ‘n basiese vlak van Bybelkennis aanvaar. Dit geld nie meer nie: ”Youth ministers could once assume base-level biblical knowledge among students, but no more. Even for youth raised in culturally churched areas, biblical literacy is at the lowest point in American history." As die jeug sonder die nodige konteks van Jesus se sterwe hoor, is dit verwarrend en teneerdrukkend.


2. Digitaal geletterd

Hulle het nooit ‘n wêreld sonder maklik beskikbare tegnologie geken nie. Die jeug spandeer gemiddeld nege uur per dag voor ‘n skerm. Dit is 63 uur of feitlik drie volle dae per week. Hierdie digitale wêreld kan hulle volledig skei van hulle fisiese wêreld. Jeugleiers mag geen verwysing na die kultuurverhale, wat die jeug deur sosiale media en videospeletjies hoor, hê nie. Hierdie jongmense kan maklik glo dat hierdie wêrelde niks met mekaar te doen het nie. Jeugwerkers moet die vaardigheid van teologiese integrasie leer. Ons moet Jesus se patroon van vrae vra, aanleer. Ons moet jongmense help om die kultuurstories, wat hulle hoor te verstaan.


3. Hulle wag nie maklik nie

Die jongmense in hierdie twee groepe het groot geword in ‘n kultuur van onmiddellike bevrediging. Ons kultuur doen alles in sy vermoë om wag tot ‘n absolute minimum te beperk. Ons hoef nie eers meer vir nuus te wag nie. Die Bybel vertel ‘n ander storie oor wag. Hoe kan ons hierdie geslagte nooi na ‘n storie, wat hulle vra om te wag vir Jesus se terugkeer. Ons moet hulle leer om in ‘n “alreeds nog nie” werklikheid te leef.


Die getye van die kultuur kom en gaan, maar die evangelie verander nooit nie. Omdat ons Christus se boodskap van hoop en verlossing dra, kan ons met moed die waters van die kultuur ingaan. Ons kan vra wat die wêreld sê, want ons weet hierdie stories kan nie staande bly teen Petrus se belydenis nie: U is die Christus, die Seun van die lewende God. (Matteus 16:16)


Hoekom sukkel kerke om jong leiers te bemagtig?


Kerke weet instinktief dat hulle jong leiers moet bemagtig. As die kerk nie die jonger leiers betrokke kry nie, sal dit uiteindelik sterf. Tog sukkel sommige leiers om dit te doen. Hulle gee nie betekenisvolle verantwoordelikhede aan jonger leiers nie; hulle bemagtig hulle nie om nuwe inisiatiewe te begin nie. Hoekom gebeur dit? Hier is drie moontlike redes:


1. Die bekende oorweldig die onbekende

Om jong leiers te bemagtig beteken dat dinge anders mag lyk en voel. Jong leiers mag ander besluite neem en dinge anders benader. Om jong leiers te bemagtig, beteken dat sekere onbekendes mag volg. Vir baie kerke is die onbekende ‘n te groot risiko. Sê nou maar net ons hou nie daarvan nie? Daarom word die bekende leiers gekies, en word daar nie gefokus om jong leiers te bemagtig nie.


2. Posisie is belangriker as invloed

Om jonger leiers te bemagtig moet ouer leiers plek maak vir jonger leiers by die besluitnemingstafel. Ouer leiers moet afstand doen van posisies sodat jonger leiers dit kan vul. Ouer leiers is noodsaaklik en het ‘n betekenisvolle invloed op die jonger leiers, wat verlang na hulle insig en raad. Dit geld net vir ouer leiers, wat nederig is en bereid is om die invloed sonder die posisie te geniet. Ouer leiers, wat ‘n posisie nodig het om hulle identiteit te behou, ondermyn die bemagtiging van jong leiers. In kerke, wat sukkel om jonger leiers te bemagtig, is daar ouer leiers, wat aan hulle posisies vasklou.


3. Uitmuntendheid is belangriker as ontwikkeling

In baie kerke is daar ‘n spanning tussen twee waardes: uitmuntendheid en die ontwikkeling van leiers. Hulle predik dat elke gelowige ‘n bediening in die kerk het en bepleit die waarde van uitmuntendheid – jy doen die beste vir die Here. Beide hierdie waardes kan saam bestaan, maar soms bots hulle. Die verlange na uitmuntendheid kan die aandag van ontwikkeling steel. ‘n Deel van ontwikkeling is juis om verantwoordelikhede aan ander oor te gee.


Die sondaar se gebed

Baie gelowiges is met die sogenaamde sondaar se gebed bekend. Kry ons dié gebed in die Bybel? Breedweg gedefinieer is dit ‘n gebed wat ‘n belydenis van jou sonde, jou behoefte aan Jesus en dat jy jou lewe aan Christus sal gee, behels. David Platt bespreek of die gebed help of nie.


Dit is prysenswaardig as mense met ander oor geloofsake en die werklikheid van ‘n hemel en ‘n hel en dat Christus ons enigste Verlosser is, praat. Dit moet ook duidelik gestel word dat die mens nie sy pad na verlossing kan uitwerk nie. Dit is egter ook nie goed om te dink dat ons deur hierdie gebed te bid, ons verlos sal word nie. Met die laaste groot herlewing in die VSA is mense nie opgeroep om ‘n gebed te bid nie, maar eerder om berou te hê en om te glo.


Evangelisasie sal nooit vir ‘n persoon sê om ‘n gebed te bid wat hom sal verlos nie, maar eerder vir daardie persoon die aard van berou en geloof definieer. ‘n Persoon, wat ernstig oor sy verlossing voel, is nie afhanklik van ‘n gebed nie, maar om die vrugte van die Gees te ontvang. In plaas daarvan om iemand vinnig as ‘n Christen te verklaar, nadat hy die gebed gebid het, is dit wyser om daardie persoon deur die doopproses te lei en hom te help om die belydenis van sy geloof te onderskei. Om almal, wat pas saamgestem het met sekere waarhede oor Christus en jammer is oor hulle sonde die versekering te gee dat hulle verlos is, lei tot ‘n vals kultuur van belydenis – mense se lewens het glad nie verander nie.