Leier Nuusbrief Mei 2020 deel 1
top of page

Leier Nuusbrief Mei 2020 deel 1


Lesse vir kerkleiers van Martin Luther King Jr


Martin Luther King was seker een van die verdelendste leiers in die VSA. Sy bekende toespraak “I have a dream” word vandag aanvaar as ‘n waterskeidingstoespraak. Hy is later in Memphis vermoor.

As jy ‘n kerk wil lei wat die wêreld gaan verander, is daar ‘n paar lesse wat ons by die man wat ‘n nasionale droom gelanseer het, kan leer. Hier is ‘n paar van hulle:

1. Jy sal jou idees kry by die ongewilde minderheid

Die dreigemente wat hy gekry het, die brutaliteit van die polisie in die suide van die VSA en ander het bewys dat sy idees nie geredelik aanvaar is nie.

Groot idees word nie aanvanklik as groot idees gesien nie.

2. Jy moet omgee oor iets groter as jouself.

Sy lewe is bedreig, sy familie is bedreig. Hy het baie bomdreigemente ontvang. Meeste van sy briewe is uit die tronk geskrywe. As jy swaarkry verduur, moet jy verder as jou gemak kyk na iets groter. Jy moet glo dat die groter prentjie moontlik is.

As jy genoeg vir die kerk en sy potensiële impak op die wêreld omgee, sal jy onvermydelik swaarkry verduur.

3. Jy sal dikwels misverstaan word.

King is gesien as ‘n moeilikheidmaker. Hy het dinge geroer wat mense geglo het nie geroer moes word nie. Daar is geglo dat hy te veel onrus veroorsaak het.

As jy dinge wil verander, moet jy bereid wes om ‘n moeilikheidmaker genoem te word.

4. Jy mag dalk nie leef om die verandering te sien wat jy begin het nie.

King se droom is steeds besig om te ontvou. Hy het nie lank genoeg geleef om meeste daarvan te sien nie.

Die inisieerders van blywende verandering mag dalk nie die persoonlik die voordele van die verandering beleef nie.

5. Dit mag jou jou lewe kos.

King se lewe is skielik kortgeknip op die balkon van ‘n motel in Memphis, want mense het hom en sy boodskap gehaat. King was bewus van hierdie moontlikheid en het dit as deel van die potensiële koste van sy boodskap aanvaar.

Mense wat bereid is om die wêreld te verander, is bereid om hulle lewe te gee vir die boodskap waarin hulle glo.

Ons moet bid dat God ons meer kerkleiers gee wat bereid is om die koste te betaal – en te betaal vir iets groter as hulleself.


Gevare van lei in isolasie


Om in isolasie te probeer lei is ‘n algemene probleem by leiers. Dit kan op verskillende manière voordoen en strek tot nadeel van die kerk. Hier is sewe gevare van leiding in isolasie:

1. Morele mislukking

Sonder aanspreeklikheid neem baie mense slegte besluite. Ons is meer vatbaar vir versoeking as ons alleen is.

2. Uitbranding

Ons is gemaak om in ‘n gemeenskap te lewe. Ons kry energie deur ons lewens met ander te deel. As ‘n leier alleen voel, is die waarskynlikheid van uitbranding, emosionele spanning en selfs depressie hoër.

3. Leierskap wat nie verbind is met die werklikheid nie

Ons is almal kwesbaar vir selfmisleiding. Net omdat daar geen oënskynlike krisis is nie, beteken dit nie dat alles reg is nie. ‘n Leier wat nie verbind is nie, is oningelig van die werklike probleme in sy organisasie. Hy glo alles (insluitend die leier) is wonderlik.

4. Hy probeer alles beheer.

Onseker leiers wil nie hê dat iemand moet uitvind dat hulle nie alles weet nie. In plaas daarvan dat hulle hulp vra, probeer hulle om alle besluite te beheer… Hulle raak ontstel as ander hulle bevraagteken,

5. Hulle beperk ander mense.

Die leier in isolasie kommunikeer en belê nie. Ander leiers in die span kan nie ontwikkel nie. Die organisasie is dus onvoorbereid as die leier vertrek.

6. Hulle beperk hulleself.

Geïsoleerde leiers bereik nooit hulle volle potensiaal nie, want hulle weier dat ander hulle help om te groei. Hulle leer ook van niemand nie en trek nie voordeel uit die perspektiewe van ander nie.

7. ‘n Organisasie wat afgestomp word.

Die leier in isolasie verhoed dat die organisasie sy volle potensiaal bereik. As die leier geïsoleerd is, sal die organisasie stagneer.

Leef jy in isolasie? Moet jy uit die beskermende skulp wat jy om jou gebou het vry kom? Vra vir hulp. Veral in klein gemeentes voel die leier hy moet in isolasie lei. Hy voel daar is niemand wat hy waarlik kan vertrou nie. Jy moet ‘n paar mense kry om die stryd met jou te deel. Die gesondheid en toekomstige sukses van die gemeente hang daarvan af.


Kenmerke wat elke leier benodig


Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaad praat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie, sy medemens nie beledig nie; hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade, sy geld nie op rente uitleen nie en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie.

Wie hom hieraan hou, sal nooi wankel nie.

Die psalmis vra ‘n vraag oor karakter in Psalm 15 vers 1: God, waarna kyk U as mense naby U kom? In hierdie psalm kry ons ‘n hele aantal kenmerke. Na hy gesê het so ‘n persoon moet onberispelik wandel en doen wat reg is, beskryf die psalmis so ‘n persoon

Beskryf hierdie kenmerke jou leierskapkarakter? Indien nie, Hoe moet jy verander?

  • Ek praat die waarheid;

  • Ek praat nie kwaad nie – ek skinder nie;

  • Ek beskerm my medemens se reputasie – ek doen my medemens nie kwaad aan nie en beledig niemand nie;

  • Ek haat wat God haat – ek verag dié wat deur God verwerp is;

  • Ek eer dié wat getrou is – ek eer almal wat die Here dien;

  • Ek hou my woord;

  • Ek is regverdig teenoor ander – ek leen nie my geld op rente uit nie;

  • Ek is regverdig – ek doen nie die onskuldige tekort nie; en

  • Ek weier om gemanipuleer te word.

Integriteit vermy die sonde. Susanne Wesley, die Moeder van Charles en John Wesley het die volgende definisie vir sonde gebruik:

Whatever weakens your reason, impairs the tenderness of your conscience, obscures your sense of God, or takes off your relish of spiritual things; in short, whatever increases the strength and authority of your body over your mind, that thing is sin to you, however innocent it may be in itself.

Ons kan maar na haar wysheid luister.


Dink weer oor sukses


Praat met mense wat die toppunt van hulle beroepe bereik het. Hulle is suksesvol en het skynbaar alles. Hulle is nie tevrede nie, want hulle het nie gevind wat hulle gesoek het nie. Hulle sal al hulle geld, toekennings en titels verruil vir ware tevredenheid. Hierdie leiers soek meer tyd met hulle gesinne; hulle wil ‘n verskil maak. As hulle die dag doodgaan, wil hulle graag die wêreld as ‘n beter plek agterlaat

Hulle wil van suksesvol na betekenisvol beweeg.

Hoe kan jy hulle help. Dit is nie ‘n nuwe vraag nie. Nikodemus het reeds 2 000 jaar gelde vir Jesus hierdie vraag gevra. Nikodemus was suksesvol die soort man wat almal graag wou wees. Hy het alles in sy lewe gehad, maar hy was nie tevrede nie.

Eerstens moet mense nadink oor hulle definisie van sukses. Jy kan hulle nie van sukses na betekenisvol beweeg as hulle nie besef dat hulle ‘n leë standaard aanvaar het nie. Hulle moet besef dat hulle definisie van sukses nie werk nie.

Nikodemus het dit besef. Daar was ‘n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was ‘n lid van die Joodse Raad. Die Fariseërs was in Jesus se tyd met respek behandel – almal wou graag een gewees het. Nikodemus was nie net ‘n Fariseër nie, maar ‘n leier van sy volk – hy was een van slegs 72 lede van die Joodse Raad. Hy was ‘n sukses. Mense gee aandag aan hulle definisie van sukses. Hulle leer van sukses by hulle ouers, hulle medewerkers en by die kultuur. Betekenisvolheid sal nie kom tensy hulle hulle aannames oor sukses bevraagteken nie.

Nikodemus se status was sy definisie van sukses, maar hy begin nou sy aanname bevraagteken. Hy kom een nag na Jesus. Hoekom in die nag? Waarskynlik wou hy nie gehad het dat die ander Fariseërs agterkom dat hy vrae gehad het nie. Sy vriende – die Fariseërs het nie baie tyd vir Jesus gehad nie.

Ten spyte van sy vrese bring hy sy vrae en ontevredenheid na Jesus. Dieselfde geld vandag steeds – as mense erken dat hulle ontevrede is, sal hulle toegespreek of gespot of veroordeel word. Nikodemus het nagedink oor sy lewe en besef dat hy iets belangrik kortkom – betekenisvolheid. Daarom gaan hy na Jesus om dit te vind. Hierdie is die eerste stap – gaan na Jesus en vind uit wat kort jy.

Jesus neem Nikodemus op ‘n proses van drie stappe

Jesus sê vir Nikodemus: as iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Dit was sekerlik nie maklik vir Nikodemus om hierdie woorde te hoor nie. Jesus sê vir Nikodemus dat daar nie ‘n volgende stap op die leer van sukses is nie, maar dat hy weer voor moet begin.

Moenie nuwe hoogtes probeer bereik voor jy opnuut gebore is nie.

Baie suksesvolle mense ken nie opnuut gebore nie. Net soos ons ‘n fisiese begin nodig het, het ons ook ‘n geestelike begin nodig. Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom (2 Korintiërs 5:17). Om ‘n stap in die rigting van betekenisvolheid te neem, moet jy geestelik oor begin. Jy moet toelaat dat God iets nuut in jou lewe doen. God is nie die volgende tree op jou leer na sukses nie. Hy is ‘n nuwe leer.

Nikodemus reageer met verwarring op Jesus se stelling: Hoe kan ‘n mens gebore word as hy al ‘n ou man is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in sy Moeder se skoot kom en gebore word nie. Jesus praat nie hier van ‘n fisiese geboorte nie, maar Nikodemus verstaan dit nie. Hy moes geestelik dink.

As ons aan sukses dink, dink ons aan roem, geld en mag. God wil hê dat ons groter moet dink – verder as fisiese sukses.

Ons het geestelike sukses nodig.

‘n Strategie vir sukses wat die belangrikste deel – die geestelike deel – ignoreer, sal nie slaag nie. Omdat ons fisiese sukses kan sien, is dit makliker om daaroor te praat. Jesus sê die fisiese wêreld is te klein as visioen.

Dink groter – nie net fisies nie, maar ook geestelik. Dink net hoe dit jou huwelik, jou verhoudings en jou gebedslewe sal beïnvloed. Jesus wou gehad het dat Nikodmus nadink oor hoe God sy motivering kan verander.

Beweeg van respek vir Jesus tot geloof in Jesus.

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Hierdie is ‘n betekenisvolle vers, maar die volgende vers is ook baie belangrik: God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word (Johannes 3:17). Dit is God se strategie vir betekenisvolheid in ons lewens. Jesus het ‘n Nikodemus uitgedaag om Hom nie net te respekteer nie, maar om hom te vertrou vir sy verlossing.

Jesus verlang meer as ons bewondering, Hy wil ons aanbidding hê.

As ons betekenisvol in ons lewens wil wees, moet ons anders na Jesus kyk. Ons moet Hom met ons lewens vertrou.

Ons ken almal mense wat skynbaar alles het, maar hulle lewe nie vir iets groter as hulleself nie. Help hulle om hierdie stappe te neem om hulle van sukses na betekenisvolheid te beweeg.

[Ek het onder andere van ‘n blog deur Rick WARREN gebruik gemaak.]

bottom of page