• deur Coen Slabber

Leier Nuusbrief | Julie 2022


Die wapenrusting van God

Die hart is bedriegliker as alles; dit is ongeneeslik. Wie kan die hart verstaan? (Jeremia 17:9)

Al my pogings om eienaarskap van my sondes te aanvaar, is strydig met my vermoë om te aanvaar wat Christus vir my gedoen het. Hy is gekruisig, juis omdat ons nie volle verantwoordelikheid vir ons sondes kan neem nie. Martin Luther het hierdie denkfout hanteer:

This attitude springs from a false conception of sin, the conception that sin is a small matter, easily taken care of by good works; that we must present ourselves unto God with a good conscience; that we must feel no sin before we may feel that Christ was given for our sins.”

Ons kan baie leer uit die storie van Therese van Lisieux. Sy is in die laat negentiende eeu gebore. Sy was baie godsdienstig en het haar opvoeding in ‘n Benediktynse skool ontvang. Daarna word sy ‘n Karmelitiese non. Die Karmeliete volg ‘n baie streng leefstyl. Hulle bid elke dag lang ure, leef in baie asketiese omstandighede en is absoluut stil vir lang tye. As iemand hard gewerk het om haar eie wapenrusting aan te trek, was dit Therese.

Ten spyte van haar toewyding het sy baie getwyfel. Dit het haar bang gemaak. Sy het alles probeer om dit, wat besig was om in haar brein te gebeur, teen te werk. Alles tevergeefs. Niks kon haar vertroos nie. Omdat niks haar wanhoop kon verlig nie, kom sy tot die gevolgtrekking dat sy ‘n ander benadering tot God nodig gehad het. Na baie gebede en nadenke oor die Skrif, ontwikkel sy “The Little Way.” Dit was ‘n radikale afwyking van die rigiede moralisme van haar tyd. Sy fokus op al die verse in die Bybel, waar God vir die kleines en nederiges sorg. Sy begin by Matteus 18:3: Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel ingaan nie.

Sy kom tot die gevolgtrekking dat God se primêre versoek aan haar was om haar eie kleinheid te onthou. In plaas van ‘n houding van selfversorging , probeer sy die houding van ‘n kind, wat volkome op sy ouers vir alles vertrou, aanleer. Aanvanklik klink dit teenstrydig met wat die Bybel ons leer: Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan, maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof. (Efesiërs 4:14 – 15) Speel volwassenheid dan geen rol as ons klein moet bly nie?

Therese het nie bedoel om ons tot een of ander vorm van afgestompte groei aan te moedig nie. Wat sy wel sê, is dat ons totaal afhanklik moet wees. Eerder as om hard te werk sodat ons nie meer genade nodig het nie, aanvaar ons ons totale afhanklikheid van Christus. Hoe lyk dit om klein te wees? Pia Mellody identifiseer vyf kenmerke, wat die natuurlike staat van ‘n kind beskryf:


  • Kosbaar: elke kind het inherente waarde.

  • Kwesbaar: kinders benodig versorging en beskerming.

  • Onvolmaak: leer en maak foute is deel van opgroei.

  • Afhanklik kinders kan nie hulleself verdedig nie.

  • Onvolwasse: ons verwagtings moet deur ons ouderdom bepaal word.


Hierdie kenmerke beskryf wat dit beteken om God se kinders te wees. Glo ons dat ons van groot waarde vir God is? Erken en aanvaar ons ons kwesbaarheid? Laat ons vir ons onvolmaaktheid toe? Vertrou ons op God of probeer ons koorsagtig om aan Sy standaarde te voldoen? Kan ons genade aan onsself betoon, wetende dat ons geloof nog besig is om te groei?

When I became a man, I put away childish things, including the fear of childishness and the desire to be very grown up.” – C. S. Lewis. Geestelike volwassenheid beteken nooit onafhanklikheid nie. God verwag nie dat ons onsself moet beskerm nie. Nee, Hy bied iets anders aan ons: Die Here sien dit en dit is verkeerd in sy oë dat daar geen regverdigheid is nie ... Sy voorarm het Hom bygestaan en Sy geregtigheid, dit het Hy ondersteun. Hy het geregtigheid aangetrek as ‘n harnas, met die helm van verlossing op Sy hoof. Hy trek klere van wraak as Sy uitrusting aan; Hy draai Hom toe in ywer, soos in ‘n mantel. (Jesaja 59:15 – 17)


Hier dra God self Sy wapenrusting. Hy trek dit aan om die verlossing, wat niemand anders kon bewerkstellig nie, te bring. Die verlossing is vinnig, kragtig en seker. Die wapenrusting verteenwoordig God se optrede vir ons. Dit beteken nie dat ons ‘n hulpbron, wat Hy tot ons beskikking gestel het, gryp om ons eie geregtigheid te bepaal nie. Ons laat toe dat God ons aantrek met dit wat Hy reeds vir ons gedoen het. Ons kies om klein te bly en vertrou slegs op Hom.

As ek op myself staatmaak, het ek verskeie opsies – MY wapenrusting. Dit sluit in die gordel van ontkenning, die borsplaat van humor, voete gereed met die plan om te ontsnap, die skild van perfeksionisme, die helm van vermyding en die swaard van blaam.

Ons eie wapenrusting bepaal ons keuses. As ons die wapenrusting van God wil dra, moet ons eerstens ontslae raak van ons eie wapenrusting. Ek kan nie terselfdertyd die skild van perfeksionisme en die skild van geloof vashou nie. Baie van ons probeer om beide wapenrustings te dra. Die doel is om God se wapenrusting aan te vul – ons dra ‘n tweede laag van verdediging. Ons sal gou besef dat hierdie tweede laag beskerming net in die pad is. Dit beteken dat ons patrone, wat reeds tweede natuur by ons geword het, moet afleer.

Om terug te keer na Therese se “Little Way” beteken dat daar ‘n oomblik van vertroue moet wees, waar ons van ons eie wapenrusting ontslae raak. Ons oorhandig die verantwoordelikheid vir ons welstand aan ons getroue en liefdevolle Vader.

Dit is ‘n tydrowende proses waardeur ons nie kan haas nie.


Fokus


As ek weet waar om te fokus, maak dit ‘n baie groot verskil in die resultate, wat ek behaal. Almal weet dat om te fokus ‘n groot verskil maak, maar baie mense weet nie waar om te fokus nie. Dit help nie om vir iemand te sê om beter te fokus nie. Dit is baie algemene raad, maar nutteloos in die praktyk. As ek weet waar om te fokus, maak dit werklik ‘n verskil.

Hoe weet ek waar om te fokus? Jy moet jouself in die probleem en die besonderhede daarvan ingrawe; jy moet dinge probeer, herbesin en leer. Vroeër of later sal jy verstaan.

Baie mense hanteer alle besluite dieselfde, afgesien van die implikasies. Hulle spandeer net soveel tyd om ‘n klein besluit te neem as ‘n belangrike een. Ons sê onmiddellik die probleem is ‘n gebrek aan fokus, maar die werklike probleem is dat ons nie weet wáár om te fokus om die beste resultate te kry nie. In elke veld is daar ‘n paar gebiede van fokus, wat ‘n massiewe verskil maak. Dit is dikwels duidelik sigbaar, maar word deur baie mense geïgnoreer.

As jy beter wil fokus, luister na ander mense en hulle suksesse. Kom ons kyk na ‘n persoon, wat ‘n boek geskryf het, wat goed verkoop. As jy dit lees, sien jy dat dit nie goed geskryf is nie. Die gevolgtrekking is dat die kwaliteit van skryf nie so belangrik is as wat jy dink nie. Iets anders is belangriker. Of kyk na die persoon, wat ‘n ander se sukses aan geluk toeskryf. Natuurlik mag daar ‘n mate van geluk betrokke wees, maar as jy dieper grawe, sien jy dat hulle meer fokus. Sukses laat leidrade – soek hulle en leer daaruit.

Wat dikwels na ‘n gebrek aan fokus lyk, is net ‘n gebrek aan verstaan – ek weet eenvoudig nie waarop om te fokus nie.