Leier Nuusbrief Julie 2021 deel 1
top of page

Leier Nuusbrief Julie 2021 deel 1


Sekulêre Humanisme

[Sekulêr – wêreldlik teenoor geestelik; humanisme – wêreldbeskouing wat die menslike waardigheid, die vryheid en die waarde van die persoonlike vooropstel en godsdiens as van minder belang ag. - HAT]


Here, wat is ‘n mens dat U hom versorg, ‘n sterfling dat U hom in ag neem? ‘n Mens is soos ‘n asemteug, sy lewensdae soos ‘n vlugtige skaduwee. (Psalm 144:3 - 4)


In die vorige nuusbrief het ons gesien dat sekularisme ‘n breë, oorkoepelende sisteem is, waaronder nie-Christelike wêreldsienings saamgevat is. Vandag kyk ons na een van hierdie sienings: die humanisme. Deur die eeue het humanisme in verskillende vorme na vore gekom en daarom is dit moeilik om te definieer. Miskien is die maklikste manier om dit op te som deur die antieke Griekse filosoof se stelling homo mensura te gebruik. Dit beteken die “mens is die maatstaf”. In sy sekulêre vorm beteken dit die mens is die maatstaf van alle dinge. Die mens is die uiteindelike outonome norm. Sy rede en nie goddelike openbaring nie, is die basis van etiek.


Nie alle humaniste ontken die bestaan van God nie, maar hulle sê dat geloof net een aspek van ons menslikheid is. Die verwydering van geloof uit die middelpunt van ons bestaan het dit baie maklik vir humaniste in die 19de eeu gemaak om die geldigheid van die Bybel te bevraagteken. Gevolglik word die bonatuurlike ontken. So word baie van Jesus se etiese onderrig behou, maar Sy opstanding word ontken. Die gevolg hiervan was die “sosiale evangelie.” Hier word voeding van die armes en ander werke van barmhartigheid beklemtoon. Mense word egter nie vertel dat hulle verlossing van hulle sondes nodig het nie. Hierdie onvolledige evangelie is deels die oorsaak van die agteruitgang van die sogenaamde “hoofstroom denominasies”. As dit nie nodig is om van ons sondes verlos te word nie, is daar geen sin om na gemeenplase oor die gee aan die armes te luister nie.


Beginnende in die 20ste eeu begin humaniste verkondig dat die onvermydelike gevolg, as ons die mens die finale arbiter van wat waar is maak, subjektiwiteit is. Sonder ‘n objektiewe norm is dit net persoonlike voorkeure, wat ons kan lei. Dan moet ons vra wie se voorkeure ons sal lei. Dikwels lei dit tot ‘n situasie waar die voorkeure van ‘n paar die wet vir baie word.


Kyk net hoe maklik aborteer ons kinders vandag. Net die Christelike wêreldsiening, waar God die maatstaf van alle dinge is, kan lewe en vryheid behou. Net diegene, wat glo dat die mens na die beeld van God gemaak is, kan enige waarde aan die mens toeskryf.


Tyd is beperk


As ons sien iemand gooi geld weg, sê ons hy is ‘n dwaas. Geld het waarde, maar tog sien ons ander en onsself elke dag iets weggooi, wat meer waardevol is – tyd. Ons dink nie die persoon, wat tyd weggooi, is ‘n dwaas nie. Tog is ons tyd beperk. Ons kan nie meer tyd maak as ons tyd verby is nie.

“A man who dares to waste an hour of time has not discovered the value of his life.” -- Charles Darwin .

Die Romeinse filosoof, Seneca, stel dit baie goed in ‘n brief aan Paulinus

It is not that we have a short space of time, but that we waste much of it. Life is long enough and it has been given in sufficiently generous measure to allow the accomplishment of the very greatest things, if the whole of it is well invested. But when it is squandered in luxury and carelessness, when it is devoted to no good end, forced at last by the ultimate necessity, we perceive that it has passed away before we were aware that it was passing. So it is - the life we receive is not short, but we make it so, nor do we have any lack of it, but are wasteful of it.

Die deel van ons lewe, wat ons werklik leef, is kort. Die res van ons bestaan is nie lewe nie, maar tyd. Die bose omring ons aan alle kante en hulle laat ons nie toe om die waarheid te onderskei nie. Hoekom wil die meeste van ons graag ryk word? Dit is nie die geld nie, maar tyd. Ons wil hê dat ander mense die dinge moet doen wat ons nie wil doen nie. Ons wil geld spandeer om tyd te koop.

Tyd word sekerlik nie genoeg waardeer nie. As ons dit korrek gebruik, word dit ‘n versterker. As ons dit verkeerd spandeer, word dit ‘n voortdurende bron van berou.

Daar is verskillende maniere waarop ons tyd misverstaan:

1. Produktiwiteit

In werklikheid wil ons nie meer produktief wees nie, maar ons wil meer tyd hê. Omdat ons nie tyd waardeer nie, eindig ons nooit met meer tyd nie. Al werk ons meer doeltreffend, gebruik ons dit nie wyslik nie. Ons voeg net meer werk by.


2. Belê in leer

Die koste is ‘n werklikheid en duidelik sigbaar. Soos met enige belegging is die uitbetaling in die toekoms onseker. Daarom leer ons nie, maar doen alles oppervlakkig, want ons glo dat ons tyd spaar. Maar hierdie oppervlakkige benadering help ons nie om beter besluite te neem nie. Hierdie oppervlakkige leerdery is ‘n mors van tyd.


3. Verhoudings

Ons is dikwels te ‘besig” om tyd te spandeer saam met diegene vir wie ons omgee. Ouers wil meer tyd saam met hulle kinders spandeer en kinders meer tyd saam met hulle bejaarde ouers.


4. Vergaderings

Vergaderings is deel van baie van ons se alledaagse lewe. Vergaderings word dikwels swak georganiseer. Dit is dikwels net ‘n mors van tyd.


Tyd is onsigbaar. Daarom is dit maklik om te spandeer. Dit is gewoonlik eers teen die einde van ons lewens wat ons die belang van tyd besef. Maak seker dat jy nie so besig is dat jy nie aandag aan die lewe kan gee nie.


Moeder Teresa


“Moeder Teresa, met alle eerbied, voel u nie soos ‘n mislukking nie?”


Hierdie is ‘n vraag, wat ‘n Amerikaanse senator aan haar gevra het. Hy het verduidelik wat hy bedoel het:


“Daar is so baie armoede rondom jou - jy kan tog onmoontlik nie daarin slaag om al die mense in Kolkata te help nie.”


Moeder Teresa antwoord hom: ‘Senator, God het my nie geroep om suksesvol te wees nie. Hy het my geroep om getrou te wees.”

Richard Stearns, voormalige president van World Vision sê in sy boek Lead like it matters to God:

"I think with those words Mother Teresa turned inside out the leadership paradigms that we are taught in our business schools and in our academies, because Mother Teresa was saying, “God doesn't care about your success, the title on your business card, the size of your bank account. God is interested in your character, your faithfulness to Him. And if you're faithful to God - and that's the thesis of my book - and you take your character, your Christian character, to work with you, that's what real success is."

bottom of page