Leier Nuusbrief Januarie 2021 deel 1
top of page

Leier Nuusbrief Januarie 2021 deel 1


Die reëls vir kulturele betrokkenheid


Die ou reëls weerspieël nie die nuwe wêreld waarbinne ons leef nie. Ons moet hulle weer op datum kry. Dinge wat ons as gevolg van ons geloof as gegewe aanvaar, is vir ander met wie jy praat totaal vreemd. Dinge wat tien jaar gelede geen probleem was nie, is nou skielik ‘n probleem. Dinge waaroor ons toe saamgestem het, is nou weg. Christene moet ‘n paar tree teruggee om by ‘n plek, wat ons aanvaar het bestaan, te kom. Ons weet ons kultuur het verander – die sosiale media sê dit vir ons.

Een van die grootste uitdagings vir die kerk vandag is die verlies van ‘n gedeelde kultuuragtergrond. In die laaste vyf dekades het die Judeo-Christelike net, wat baie van ons Westerse kultuur omring het, verdwyn. Hoe moet die kerk aanpas om in ‘n meer pluralistiese samelewing as waaraan ons gewoond is, te funksioneer?


In die kerk is daar dikwels ‘n tekort aan ‘n teologie van betrokkenheid.

Eintlik moet ons praat van kulture, of, as jy dit verkies, subkulture. In die verlede het baie mense Christelike kultuurwaardes gedeel al was hulle nie Christene nie. Dit is nie meer die geval nie. Vir baie mense is Judeo-Christelike waardes ‘n mite. Baie mense sê dat die kerk vandag soos die res van die wêreld geword het. Hierdie is nie nuut nie. Jesus het reeds vir sy dissipels gesê: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg (Lukas 9:23). Ons sien dit ook duidelik in Petrus en Johannes se verskyning voor die Joodse Raad (Handelinge 4:5 – 31). Daar is dus geen verrassing nie – om jou kruis te dra, is deel van geloof.

Hierdie verandering in kultuurwaardes beteken dat Christene dikwels dit, wat ander glo, moet konfronteer. Die vraag is hoe ons die groot gebod om ons naaste lief te hê, moet uitleef, veral as hy so anders as jy dink. Om diegene wat jou teenstaan lief te hê, bly ‘n uitdaging. Dit is ‘n uitdaging wat Christus vir ons gegee het. Miskien moet ons begin deur diegene “aan die ander kant” nie as vyande te sien nie. Hoe kan ons nou mense, wat ons moet oorwin, nie as vyande sien nie? Hierdie konfrontasie oor idees het daartoe gelei dat ons dink dat ons in ‘n kultuuroorlog is. Daarom gebruik ons so baie militêre beelde. Die gebruik van hierdie beelde plaas ons in ‘n geveg. Maar hoe kan ‘n geveg mense na God toe lei? Sommige gewilde Christelike beelde praat van oorwinning, oorname en transformasie van die kultuur. Is dit die geveg, wat die Bybel definieer? Kom ons kyk na die kerngedeelte in die Bybel oor hierdie geveg, naamlik Efesiërs 6:10 – 18.

Hoe moet ons mense buite die geloof sien?


1. Ons vyand is nie mense nie.


Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug (vers 12).

As ons dink aan Jesus se groot opdrag in Mattheus 28:18 – 20 besef ons dat mense nie ons teenstanders is nie, maar ons doel. Natuurlik werk hierdie magte deur mense en ons word gewaarsku om versigtig vir hulle te wees (Judas 1:2 – 23; Romeine 1:18 – 32). Die oordeel van hierdie mense word egter tot God alleen beperk. Jesus sê dat ons mense buite die kerk moet bereik, al verskil hulle van ons, maar ons moet hulle nie as ons vyande beskou nie. As ons dit doen, mors ons ons energie en ondermyn ons ons roeping.

2. Ons baklei nie teen mense nie, maar teen geestelike magte.


Dit is die ware vyand en ons mag hulle nie onderskat nie. Hulle is onsigbaar en mislei ons. Baie mense weet nie eers van hulle bestaan nie. Hierdie is ons grootste uitdaging.

3. Daar is ‘n suksesvolle beskerming teen hierdie magte.


Hierdie beskerming word nie deur die wêreld as beskerming gesien nie. Die wêreld se krag lê in mag, ideologie en politiek. Ons wapenrusting is geestelik, want die stryd is geestelik. Efesiërs noem dit die volle wapenrusting van God. Kyk na die lys: die waarheid as gordel, die vryspraak deur God as borsharnas, die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene, geloof as skild, verlossing as helm, die swaard van die Gees - dit is die woord van God en gebed in die Gees.Hierdie dinge stel ons in staat om vas te staan.

Hierdie beskrywing van die geestelike wapenrusting vertel vir ons wat die belangrikste is: hoe ons ons geloof uitleef en nie net daaaroor praat nie.

Wat beteken dit vir doeltreffende betrokkenheid by die kultuur? Ons moet mense sien as wesens, gemaak volgens die beeld van God. Ons moet hulle omarm en oorreed. Hulle het die potensiaal om by God uit te kom. Dit beteken dat die persoon nie iemand is wat ek moet oorwin of verneder nie. Terselfdertyd moet ons bewus wees van die onsigbare konflik, waarvan die persoon waarskynlik nie eers bewus is nie. In ons eie pogings om te red, waardeer ons nie die geestelike magte wat aan die werk is nie. Daarom baklei ons met menslike middels en soek menslike antwoorde. Dit beteken mense is ons teenstanders en nie ons doel nie. Ons sal verloor.

As ons betrokkenheid net soos dié van die wêreld is – onttrekinng, beledigings, geen deernis nie – word ons net nog ‘n belangegroep, wat grond op ons voorwaardes probeer wen. Jesus roep ons om dissipels van alle mense te maak. Die waarheid waarvan ons praat, beliggaam diens en nederigheid. Wat belangrik is, is nie net dat ons glo nie, maar ook ons interaksie met die wêreld en ons verhoudings. Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees (Lukas 6:35 – 36).

Hoe ons mense, wat van ons verskil, sien, maak die verskil in ons betrokkenheid by hulle. Daar is drie basiese benaderings:

  1. Veg teen hulle - hulle is vyande.

  2. Vergeet van hulle – hulle is buite bereik.

  3. Reik uit na hulle en beweeg nader aan mense met die liefde van God, terwyl jy bid dat God in hulle lewens sal intree.

Ses wette van tegnologie wat leiers moet weet


Reeds 30 jaar gelede het Melvin Kranzberg hierdie ses reëls in die Wall Street Journal gepubliseer. Hulle word steeds algemeen aanvaar.


1. Tegnologie is nie goed of sleg of neutraal nie.


Die impak van tegnologie word deur geografiese en kulturele konteks bepaal. Dit kan daarom terselfdertyd goed en sleg wees. Tegnologiemaatskappye moet daarom die potensiële impak van hulle tegnologie antisipeer. Dit gebeur ongelukkig baie selde.

2. “Invention is the mother of necessity.”


Die korrekte spreekwoord is natuurlik: “Necessity is the mother of invention.” Kranzberg sê dat elke innovering verdere tegniese vooruitgang benodig om dit volledig effektief te maak. Die ontwikkeling van die selfoon het onder andere 5G vereis.

3. Tegnologie kom in pakkies.


Dit gaan oor interafhanklikheid en interaksie. So was staal, olie en die spoorweë die pakkie wat die 19de eeu gedomineer het. Vandag is dit die internet, mobiele fone en draadlose verbindings.

4. Tegnologie mag ‘n belangrike faktor wees in baie openbare sake, maar nie-tegniese faktore kry voorkeur in besluite oor tegnologiebeleid.


Tegnologie alleen op sy eie het geen intrinsieke mag nie. It has to be motivated by political power or cultural power or something else.” (Robert C Post)

5. Alle geskiedenis is relevant, maar die geskiedenis van tegnologie is die relevantste.


Dink net aan die Koue Oorlog. Kernwapens is gebou asook die missiele om hulle na enige plek op aarde te dra. Dit lei tot die ontwikkeling van ‘n kommunikasiestelsel met hoë sekuriteit – die internet. Kernwapens is steeds relevant. Die waarheid is egter dat dit baie moeilik sal wees om te beweer dat die internet nie selfs meer relevant is nie.

6. Tegnologie is ‘n menslike aktiwiteit.


Tim Cook, die uitvoerende direkteur van Apple, het in 2017 gesê: “Technology is capable of doing great things. But it doesn’t want to do great things - it doesn’t want anything.” Wat bedoel hy? Ten spyte van die mag van tegnologie hang die gebruik van tegnologie van ons af. “Many of our technology-related problems arise because of the unforeseen consequences when apparently benign technologies are employed on a massive scale.” (Kranzberg)


Dit herinner ‘n mens nogal aan die toring van Babel!


Die bemagtigende gevolge van samewerkende leierskap


Bill Gates glo dat suksesvolle leiers diegene is wat ander bemagtig. Dit geld ook vir leierskap in die kerk.

Baie gemeentes gaan agteruit. Hoe langer ‘n kerk reeds agteruitgegaan het, hoe langer sal dit neem om weer te herstel. Hierdie proses behels onder andere:

  • Stel vas waarom die gemeente agteruitgaan. Identifiseer gebiede van moontlike verandering.

  • Kry maniere om die gewoontes en roetines van die gemeente te verander.

  • Verander die gewoontes en roetines van die gemeente.

Dit is altyd makliker om ‘n nuwe ding te begin as om iets wat dood is weer te aan die gang te kry.

Wat is leierskap?


1. Leierskap is ‘n dinamiese proses.


Die proses is gedurig besig om te verander en te ontwikkel. Dit word bepaal deur die spesifieke fokus op daardie stadium. Die werk, wat gedoen moet word, is gedurig besig om te ontwikkel. God se doel bly die belangrikste deel van hernuwing van enige gemeente. In die Ou Testament, as mense leiding van God nodig gehad het, het hulle ‘n profeet of rigter of ander leier genader vir hulp. As hulle van die Heilige Gees gehoor het, het hulle die boodskap aan die mense oorgedra.

Vandag het alle gelowiges die Heilige Gees. Die Heilige Gees gee steeds leiding. Omdat die Heilige Gees in alle gelowiges woon, is die ontvangs van dié Woord dikwels meer samewerkend van aard. Dit voel meer soos ‘n proses as ‘n eenmalige gebeurtenis. Om God se wil vir ‘n groep te verstaan, is ‘n meer uitgerekte proses, gevul met aktiewe gebed en nadenke. Dit is deel van die dinamiese proses van leierskap.

2. Die rigting kom van die Here.


As daar oor die rigting besluit is, begin die implementering. Stappe word saam aangepak, want ons het tyd gespandeer om van die Here te hoor. Leierskap gaan oor die bemagtiging van mense om saam op te tree. Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne, wat bekwaam sal wees om ook ander te leer. (2 Timotheus 2:2) Dit gaan oor die bemagtiging van ander. I believe that empowering others in Christ will always be the biggest aspect of effective leadership within the church (Ed Stetzer).

bottom of page