top of page

Leier Nuusbrief Februarie Deel 2


2020 se beste boeke


Hierdie is die lys van beste boeke vir 2020 soos saamgestel deur The Gospel Coalition. C. S. Lewis (Learning in War-Time) het die vraag gevra of dit die moeite werd is om tydens ‘n oorlog te studeer. Sy gevolgtrekking was dat oorlog


“creates no absolutely new situation; it simply aggravates the permanent human situation so that we can no longer ignore it. Human life has always been lived on the edge of a precipice.”

Hy sê dat tydens ‘n oorlog (of pandemie, soos ons dit tans ondervind) dit toelaatbaar en goed is om te lees en te studeer. Hy glo dat 1 Korintiërs 15:58 hierdie saak hanteer: Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. Ons tyd, wat spandeer is aan die werk van die Here, ook aan lees, is nie tevergeefs nie.


Die nominasies word volgens vier kriteria beoordeel:

  • Dit bied evangeliegesentreerde argumente en toepassing.

  • Dit sluit in getroue en fundamentele gebruik van die Skrif.

  • Dit bevorder geestelike onderskeiding vir hedendaagse probleme en neigings.

  • Dit bevorder pogings om die kerk te verenig en te vernuwe.

Openbare teologie en huidige sake

Eervolle vermelding:

Gewilde teologie


Eervolle vermelding:


Akademiese teologie


Eervolle vermelding:

Bediening


Eervolle vermelding:

Evangelisasie en apologetika


Eervolle Vermelding:


Geskiedenis en Biografie

James Eglinton, Bavinck: A Critical Biography (Baker Academic)


Eervolle vermelding:

Christelike leefwyse

Eervolle vermelding

Kinders

Eervolle vermelding

Nuwe skrywer


Eervolle vermelding:


Bybelstudie en aanbiddingsliteratuur


Eervolle vermelding:

Wat lees ek tans?


Better decisions, fewer regrets - Andy Stanley (2020)

Die lewe gaan oor besluitneming elke dag. Goeie vrae lei tot beter besluite. Die besluite, wat jy neem, bepaal jou toekoms. Besluite bepaal die storie van jou lewe. Stanley bespreek hier vyf vrae, wat tot beter besluite sal lei. Die meeste mense leer nie uit swak besluite nie, want hulle glo die rede vir die swak besluit moet elders gesoek word.

Besluite word ook deur ons emosies beïnvloed. Besluit moet eintlik in ‘n emosioneel-neutrale gebied geneem word.

Vraag 1: Is ek eerlik met myself, werklik?

Ek is die maklikste persoon om te mislei. Jy kan nie jouself lei as jy vir jouself jok nie. As jy vir jouself jok, sal jy ook vir ander jok. Jy kan net die beste besluite neem, as jy eerlik met jouself is. As jy nie eerlik in besluitneming is nie, sal jy moeilik verantwoordelikheid vir jou besluite aanvaar. Jy is dit aan jouself verskuldig om eerlik met jouself te wees oor waarom jy sekere besluite neem. Dikwels jok ons vir onsself en glo ons eie leuens.

Jy kan onmiddellik goeie idees uitken. Hulle het geen verdediging nodig nie. As jy egter iets aan jouself probeer verkoop, wees versigtig. Vra die vraag: Is ek eerlik met myself?

Dit is moeilik om onsself te oortuig dat ons verkeerd is. Ons sal altyd inligting en argumente kry om dit, wat ons glo, te ondersteun. Die meeste van ons sal eerder reg bewys wil word, as om te weet wat waar is. Ons soek nie waarheid nie – ons soek eerder bevestiging. Kyk net na die geskiedenis van Jeremia. Hy was raadgewer vir baie konings, maar daar is selde na hom geluister. Dit sou beter gewees het as hulle maar geluister het. As jy ‘n koning is, hoef jy nie te luister nie.

Hoekom gebeur dit? Jeremia gee self vir ons die antwoord: Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? (Jeremia 17:9)

Hoe kan ons ons bedrieglike harte beheer?

  • Erken dit en aanvaar hierdie ongemaklike feit. Hoe reageer jy op inligting wat jou hart weerspreek?

  • Vra: Is ek nou eerlik met myself? Vertel dan vir jouself die waarheid.

  • Wees nuuskierig. Hoekom is ek vasbeslote om te doen wat ék wil doen? Dit beteken dat ek na my vooroordele moet kyk.

As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels en julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vry maak. (Johannes 8:31-32)

Ons moet ‘n belangrike besluit neem; Ek sal nie vir myself jok nie, al laat die waarheid my sleg voel oor myself.


Vraag 2: Watter storie moet ek vertel?

Die storie wat jy vertel, word deel van jou lewe. Deur elke besluit – een besluit op ‘n keer – skryf jy die storie van jou lewe. Moeilike omstandighede kan jou maak of breek. Private besluite bly nie privaat nie. Ons persoonlike besluite het ‘n impak op ander mense. Elke besluit het ‘n gevolg, goed of sleg. Gesamentlik word al jou besluite deel van jou lewenstorie.

As jy ‘n besluit neem, staan stil, kyk vorentoe en dink na oor watter storie jy wil vertel. As jy ‘n besluit geneem het, is dit deel van jou storie. Jy wil graag eendag jou storie vertel sonder om te jok. Ons dink egter nie in terme van ‘n storie nie, want ‘n storie kom later. Dan is dit te laat om iets daaraan te doen. Ons dink nie in terme van ‘n storie nie, want ons aandag word afgetrek deur die huidige druk en emosies. Emosies is soos ‘n digte mis – ons sien nie die hele konteks nie. As ons onder druk is, is dit moeilik om oor môre te dink, wat nog te sê oor ons storie. Ons moet deur vandag kom. Emosies kompliseer besluitneming, want dit fokus ons aandag op die onmiddellike en nie op die langtermyn nie. Ons aanvanklike inligting plus ons emosies verdring alle ander feite, wat ons ook behoort te oorweeg.

‘n Goeie gevallestudie is Josef.

Almal van ons het ‘n paar stories wat ons graag wil herskryf. Ons kon dit vermy het as ons gevra het: Watter storie wil jy graag skryf? Skryf ‘n storie waarop jy trots is.

Vraag 3: Is daar ‘n spanning wat my aandag verdien?

Ons is dikwels geneig om die leidrade om ons te ignoreer. Ons gee nie aandag aan die sosiale, kulturele en verhoudingsleidrade nie. Ons ignoreer dikwels ons gewetes, daardie interne spanning, wat altyd ons aandag verdien. ‘n Opsie, wat ons oorweeg, skep dikwels spanning in ons. Ons voel ongemaklik, want iets is nie heeltemal reg nie. Soms weet ons nie eers hoekom daardie spanning daar is nie. As dit gebeur, stop en gee aandag daaraan. Moenie dit net ignoreer nie. Dit is nie maklik om te doen nie. Ons skedules is so vol dat daar geen tyd vir nadenke is nie.

As die poging om in te pas en mense tevrede te stel ons besluitneming beïnvloed, neem ons slegte besluite. Soms verwerp ons inligting as gevolg van die bron daarvan en nie as gevolg van die meriete van die inligting nie. Aanvaar die spanning totdat dit verdwyn en jy ‘n ander koers inslaan.

Hoekom ignoreer ons hierdie spanning? Ons dink ons kan die toekoms voorspel – ons dink ons weet wat gaan gebeur. Hierdie spanning is dikwels God se manier om ons te oortuig om van rigting te verander. Mense wat aan God oorgegee is, probeer nie die toekoms voorspel nie. Hulle gee hulle oor en is gehoorsaam.


Vraag 4: Wat is die wyse ding om te doen?

Nog net vyf minute, nog net een drankie, nog net een pak aartappelskyfies, nog net een paar skoene. Dit maak nie sin nie, maar dit keer ons nie. Ek bestuur net so ‘n bietjie oor die spoedperk. Ons natuurlike instink is om so na as moontlik aan die lyn te lewe. Watter lyn is dit? Die lyn tussen wettig en onwettig, tussen verantwoordelik en onverantwoordelik, tussen eties en oneties. Ek probeer so veel as moontlik solank ek net nie uitgevang word nie. Die rede hiervoor is sekere aannames wat ek maak. Aannames kan gevaarlik wees. As ons aannames bekend is, sal ons beter besluite neem. Hier is ‘n paar bekende aannames:

  • As dit nie verkeerd is nie, is dit reg.

  • As dit nie onwettig is nie, is dit toelaatbaar.

  • As dit nie oneties is nie, is dit aanvaarbaar.

  • As dit nie oor die lyn is nie, is dit reg.

Hierdie aannames is nie onmiddellik vir ons duidelik nie. Wat ons basies hier vra, is hoe laag kan ek gaan? Hoe gebeur dit? Ons vra die verkeerde vraag. Ons vra: Is daar iets mee verkeerd?


As ons lyne trek en perke stel, vestig ons etiese / morele standaarde. Hiermee verhoed ons ‘n dom en gevaarlike lewenswyse. Ons moenie net let op wat ons doen nie, maar ook op die rigting waarin ons beweeg. ‘n Opsie kan terselfdertyd reg en onwys wees. Is dit die wyse ding vir my om te doen?

Ons grootste teleurstellings word dikwels met ‘n reeks swak besluite vooraf gegaan.

Paulus skryf aan die Efesiërs: Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd. (Efesiërs 5:16) Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. (4:17)

As ons wyse besluite wil neem, moet ons drie verwysingspunte in gedagte hou:

  1. Die verlede. Wat het my in die verlede gedra? Jou verlede predisponeer jou tot sekere probleme.

  2. Die hede. Die druk van my omstandighede kan besluite beïnvloed.

  3. Die toekoms. In die lig van my toekomstige hoop en drome, wat is die regte ding om te doen? Neem vandag se besluite met môre in gedagte.

Vraag 5: Wat vereis die liefde van my?

Die versoeking is groot om hierdie vraag nie eerlik te antwoord nie. Hierdie vraag het met verhoudings te doen. Daar is altyd mense om jou. Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. (Matteus 7:12) Dan dink ons aan Jesus se woorde aan sy dissipels die aand voor sy dood: Ek gee julle ‘n nuwe gebod; julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. (Johannes 13:34) Let wel dat Jesus nie sê dat hulle iets moet vl nie, maar dat hulle iets moet dóén. Dit word dan die uitstáánde kenmerk van Jesus se gemeenskap. Die kern van hierdie gebod is nie Jesus se mag nie, maar sy opofferende liefde.

Wat vereis hierdie gebod van my? Dit staan wag oor my gewete en dit is my rigtingwyser / kompas. Die vrug van die Gees, daarenteen, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Galasiërs 5:22) In Paulus se groot liefdesgedig in 1 Korintiërs 13 spel hy uit wat die liefde van ons verwag. Liefde is nie ingestel op die wen van argumente nie, maar beskerm ons verhoudings. Dan neem jy besluite met die belange van ander in gedagte. Liefde vul die gapings. Liefde verminder die wrywing, wat ontstaan as gevolg van ons beperkte kennis en insig. Die voordeel is dat ons feitlik altyd weet wat die liefde van ons verwag.

Gevolgtrekking

Soos Samuel moet ons God se wil vir ons lewens soek. Dit laat ons na bo en na vore kyk. Dit gee aan ons ons sin vir bestemming. Daar is geen groter vrede as om te weet jy leef in ooreenstemming met God se wil vir jou nie.

Vyf vrae stuur jou in die rigting van God se wil vir jou lewe.

En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers, wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens, wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. (Romeine 12:1-2) Ons moet ons aan God onderwerp. Dit is die logiese ding om te doen. Vyf vrae sal jou denke vernuwe. As jy jou denke vernuwe, stel dit jou in staat om God se wil vir jou lewe te onderskei.

Hier is die vyf vrae. Elkeen vereis ‘n besluit van ons kant af:


Vraag 1: Die integriteitsvraag

  • Is ek eerlik met myself, werklik?

  • Besluit: Ek sal nie vir myself jok nie, al laat dit my sleg oor myself voel.


Vraag 2: Die nalatenskapvraag

  • Watter storie wil ek vertel?

  • Besluit: Ek sal ‘n storie skryf, waarop ek trots is.


Vraag 3: Die gewetensvraaag

  • Is daar ‘n spanning, wat my aandag nodig het?

  • Besluit: Ek sal my gewete ondersoek en nie ignoreer nie

Vraag 4: Die volwassenheidsvraag

  • Wat is die wyse ding om te doen?

  • Besluit: Ek sal die verlede, huidige en toekomstige in ag neem as ek besluit.

Vraag 5: Die verhoudingsvraag

  • Wat vereis die liefde van my?

  • Besluit: Ek sal besluite neem wat ook die belange van ander in gedagte hou.


Comments


bottom of page