Leier Nuusbrief Desember Deel 1
top of page

Leier Nuusbrief Desember Deel 1


Nadenke in ‘n besige lewe

There is a kind of success that is indistinguishable from panic.” - Edgar Degas

Om tyd vir nadenke te maak, is belangriker as ooit. Ons leef in ‘n wêreld wat nooit tot rus kom nie. Daar is inligtingoorlading, met 24/7 toegang.

Joseph L. Badaracco het ‘n baie praktiese gids oor nadenke geskryf: Step Back: How to Bring the Art of Reflection into Your Busy Life. Is nadenke belangrik? Jy kan nadink oor werk, die lewe, oor sake rakende jou familie of jy kan eenvoudig probeer om jouself ‘n bietjie beter te verstaan. In sy navorsing bevind Badaracco dat feitlik alle leiers vir nadenke tyd maak. Dit is nie noodwendig die klassieke manier van nadenke - afsondering vir ‘n lang tyd in absolute stilte - nie, maar vir kort periodes.

Hoe pas ons dit in? Kyk na jouself. Dikwels sal jy sien dat daar wel tye is waar jy ‘n tree terug gee, ‘n paar minute weg van jou doenlys spandeer en by die venster uitkyk en ontspan. Jy moet probeer om hierdie tye ‘n patroon te maak en dit meer dikwels doen.

Conviction, were it ever so excellent, is worthless till it converts itself into conduct.” -Thomas Carlyle

As leiers besef dat hierdie kort tye van nadenke ook nadenke is, moet hulle nie dit nie as tydmors beskou nie. Daar is ‘n ou gesegde: “The better is the enemy of the good.” Dit is die hele idee agter hierdie benadering: dit is nie die beste nie, maar dit is goed.

Wat werk vir jou? Party mense skeduleer 5 minute vir nadenke in hulle program; ander doen dit terwyl hulle stap; ander gebruik vyf minute nadat hulle ‘n taak voltooi het. Dar is geen regte benadering nie. Die sleutel is om te sien wanneer jy natuurlik rus en dan hierdie rustyd ten volle te benut.

Without reflection, we drift. Others shape and direct us. With reflection, we can understand and even bend the trajectories of our lives.” - Joseph L. Badaracco

Leiers voel dat hulle iets mis as hulle ‘n paar dae nie nagedink het nie. Hulle voel asof hulle lewe buite beheer is. Hulle wil nadink oor wat hulle gedoen het en veral wil hulle vorentoe kyk.


My geloofwaardigheid vernietig

Om een of ander rede word om besig te wees, beskou as iets om na te streef. Doeltreffende leiers vermy hierdie besig-wees-lokval. Groot leiers straal ‘n beeld van doelgerigte kalmte uit. Baie mense dink om besig te wees straal ‘n beeld van belangrikheid uit.

As mense vir jou vra “Hoe gaan dit?” en jy antwoord altyd “Ek is so besig,” kommunikeer jy in werklikheid:

  • Ek is gedisorganiseerd.

  • Ek het nie duidelike doelwitte nie. Sonder duidelike doelwitte en prioriteite kan jy baie maklik net rondhardloop sonder om veel te bereik. Jy mors net energie!

  • Ek kan nie ‘n doeltreffende span bou nie. Leiers, wat weet hoe om funksionele spanne te bou, bemagtig en motiveer spanlede. So word die werk tussen spanlede verdeel.

  • Ek het die projek verkeerd bestuur.

  • Ek probeer net om mense te beïndruk.

Ons kultuur het “om besig te wees” op ‘n voetstuk geplaas. Baie mense het geleer om “ek is besig” as ‘n statussimbool te gebruik. Hou jou doelwitte duidelik, bestuur jou projekte goed en sorg dat jy goeie spanne bou. Dan sal jy meer produktief wees en jou geloofwaardigheid behou.


Die COVID-pandemie

Die COVID-pandemie lei dikwels tot wanhoop. Baie van ons sal graag die jaar 2020 so gou as moontlik wil vergeet. Daar is egter baie organisasies en gemeentes wat gereed staan om vorentoe te beweeg sodra die pandemie verby is. Hulle aanvaar nie dat dinge onvermydelik vorentoe sal versleg nie. Hulle kyk op en rond vir nuwe moontlikhede in hierdie nuwe werklikheid. Watter gesindhede kry ons by hierdie organisasies wat in die toekoms sukses verwag?

1. God is nog nie klaar met ons nie

Hulle het almal gesindhede van hoop en moontlikhede. Defaitisme was vir hulle ‘n vreemde konsep.

2. Hulle wag nie vir dinge om na normaal teug te keer nie

Enige gemeente wat wag vir ‘n pre-COVID normaal is reeds in die moeilikheid. Alle gemeentes, wat verwag dat die bywoning, bydraes en bediening na 2019-vlakke sal terugkeer, is reeds in die moeilikheid. Op hierdie stadium kan ons nog nie die “nuwe normaal” definieer nie. Hierdie leiers soek na aanduidings van ‘n nuwe werklikheid en nuwe spilpunte waarom hulle hul bedienings kan bou.

3. Ons sal meer na buite gefokus wees as vantevore

Baie gemeentes het voor 2020 baie gemaklik geword. Leiers van hierdie gemeentes is vasbeslote om meer na buite uit te reik.

4. Hulle aanvaar verandering as onvermydelik

Hulle moet proaktief radikale verandering soek en implementeer. Hulle kan nie wag vir verandering om na die gemeente te kom nie. Hulle moet in geloof waag. Oppas vir die negatiewe lidmate: “Maar ons het dit nog nooit vantevore gedoen nie.” Aanvaar verandering met wysheid en moed.

Ons leef inderwaarheid in moeilike tye. Ons kan nie die werklikheid van siekte, dood, depressie en die ineenstorting van die ekonomie as gevolg van die COVID-pandemie ontken nie. Dit is egter ook ‘n tyd van ongelooflike geleenthede. Baie gemeentes is deur vrees verlam en dink die beste strategie is om te hoop dat die wêreld weer na “normaal” sal terugkeer. Dit gaan nie gebeur nie. Organisasies en gemeentes met bogenoemde gesindhede sal die wêreld verander.


Alweer verandering

Ons is almal nou moeg en siek vir verandering. Almal van ons moes so baie verander tydens die korona-pandemie dat ons nie kans sien vir verdere verandering nie. Hier is enkele bestanddele vir ons resep vir die bestuur van verandering.


1. Jy kan nie gee wat jy nie het nie

As jy gedemotiveerd is, sal diegene om jou dit aanvoel. Die leier moet energie en bemoediging na die gemeente bring. As die lewe besig is om jou af te trek, moet jy bepaal wat dit veroorsaak en hoekom dit gebeur. Gelukkig hoef jy dit nie alleen te doen nie. Hier is enkele leidrade wat jou mag help:

  • Jy het vriende wat jou en jou bediening verstaan – luister na hulle.

  • Jou mentor – praat gereeld met hom.

  • Maak seker daar is ten minste een persoon in jou span wat bereid is om die waarheid te praat. Hulle is die mense wat jou eerlik sal vertel wat aangaan.

As jy brein verstaan wat aangaan, gun jouself die tyd om te rus en na te dink. Baie mense vermy hierdie stap of ontken dat die fout dalk by hulle mag lê.

2. Fokus op die groot prent

Dikwels in moeilike tye kners ons op ons tande en beur voort. Laat God die werk van verandering in ons doen. Ons vergeet baie maklik dat moeilike tye dikwels ‘n seëning is. Jy sal nooit na rustige tye terugkyk en sê dat jy gedurende hierdie tye gegroei het nie. As jy onseker tye benader met die gesindheid dat God in beheer is, kan jy begin groei. As jy net jou huidige omstandighede raaksien, kan jy maklik ontmoedig word.

3. Deel die gewig

Nooi jou spanlede uit om hulle perspektiewe te deel. As hulle deelneem aan die besluit sal hulle ook deel in die verantwoordelikheid. Hulle word ook advokate vir die verandering wat jy wil hê.

4. Aanvaar die ‘BEIDE / EN”

Onervare leiers raak dikwels te vroeg van die oue ontslae. Oorweeg dit om die nuwe aan te bied, terwyl die oue nog tydelik behou word. Dit is die verwydering van die oue wat dikwels baie onrus en ongelukkigheid veroorsaak.

God het ons geplaas waar Hy ons wil hê. Soms is dit uitputtend, maar aanvaar dit. God het presies geweet wat Hy doen, toe Hy jou hierheen gebring het.


bottom of page