Leier Nuusbrief April 2020 Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief April 2020 Deel 2


Die afgewaterde evangelie


In ‘n nuwe studie deur die Barna-groep ‘State of the Church 2020” het hulle onderhoude met 500 senior pastore in die VSA gehou oor hulle grootste bekommernisse. Hulle grootste bekommernisse op die vlak van hulle eie gemeentes was:

  • Hoe om die jonger geslag te bereik (51%);

  • Afname in uitreike en evangelisasie (50%);

  • Afname in die aantal vrywilligers (36%);

  • Geestelike groei wat stagneer (34%);

  • Bywoning wat afneem (33%); en

  • Bybelse ongeletterdheid (29%).

Onderaan die lys was bekommernisse oor ekonomiese modelle insluitend geboue en die bestuur van kampusse op verskillende plekke. Kyk ons na hierdie pastore se bekommernisse op nasionale vlak verskil dit:

  • Sekularisasie. Hier is veral twee aspekte wat hulle pla:

1. Afgewaterde onderrig van die evangelie (72%); en

2. Die verandering van die kultuur (66%).

  • Swak modelle vir dissipelskap (63%);

  • Hantering van ingewikkelde sosiale sake met Bybelse integriteit (58%); EN

  • Die vermoë om die jonger geslag te bereik (56%). Die verslag stel dit so: “When paired with data about aging pastors, the growing group of atheists, agnostics, and ‘nones,’ and declining church attendance among younger generations, faith leaders may well be getting a glimpse of the next generation’s tenuous relationship to the church.”

  • Die verkondiging van die voorspoedteologie (56%);

  • Politieke polarisasie in die land (51%) en

  • Uitbranding van die leiers (40%).


Ander minder algemene bekommernisse is die uitdagings in verband met die tradisionele kerkmodel, die probleem om by te bly met die nuutste neigings in tegnologie, die plek van vroue in die kerk en die skandale in die kerk.


Die leier se dilemma


"If you want to rise in your leadership, you simply can’t know everything." - Dan Reiland

Om ‘n personeellid te werf kan spanning veroorsaak. Om ‘n goeie span te bou, is ‘n kuns. Jy sal foute maak. Daar is egter baie wat jou kan help om wyse keuses te maak. Hier is agt wenke wat mag help met jou keuse van ‘n nuwe leier vir die gemeente:

1. Weet wat jy wil hê “Ek ken die regte person as ek hom ontmoet is iets wat ons dikwels hoor. Dit is beslis nie ‘n goeie strategie nie. Jy moet seker wees waarvoor jy soek voor jy begin soek. As jy nie seker is waarna jy soek nie, sal jy jou gedagtes verander bloot as gevolg van jou emosies. 2. Hou by jou kriteria Moenie jou standaarde verlaag nie. Dit is maklik om jou standaard te verlaag as jy onder druk verkeer en dringend hulp nodig het. Wees rustig en wag vir die regte leier. Skryf ‘n kort taakomskrywing en dan ‘n lys kriteria (standaarde). Skyf neer wat jy verlang en bly daarby. 3. Gebruik jou span Om leiers te werf, is nooit ‘n solo poging nie. Almal van ons het blinde kolle, persoonlike vooroordele en verkies sekere persoonlikhede. Werk dus as ‘n span van 3 – 5 mense om die aanstellings te maak. Elke persoon moet ‘n spesifieke stel vrae aan die kandidaat stel. 4. Hou onderhoude met meer as een kandidaat Probeer om ten minste drie kandidate te hê wat oorweeg kan word. Bel die kandidaat se verwysings. Nie alle oproepe is die moeite werd nie. Gebruik ook personeeltoetse. 5. Probeer om die mense met jou personeelkultuur in lyn te bring Moenie die belang van jou personeelkultuur onderskat nie. Die kandidaat mag ‘n uitstekende leier wees. Dit beteken nie dat hy in jou span suksesvol sal wees nie. Leer hulle as persoon en mens ken – nie net as iemand om ‘n vakante pos te vul nie. 6. Moenie die deugde van jou span verkoop nie Leef jou waardes uit. Die kandidaat sal hulle gou optel. Jy kan natuurlik gunstig oor jou span praat, maar jy moet ook eerlik wees oor hulle tekortkomings. 7. Wees direk en baie openlik in die onderhoud Vra reguit vrae. Vra die moeilike vrae. Dit is nie die tyd om teruggetrokke te wees nie. Wees vriendelik en respekvol, maar moenie ‘n oppervlakkige benadering volg nie. As jy iemand wil aanstel, moet jy die persoon ken. 8. Bid en vertrou die Heilige Gees

God gee om wie jy aanstel. Dit is immers sy kerk. Vra Hom wie Hy in jou span wil hê.


Goeie personeelvergaderings

Leiers kan nie lei sonder om met ander mense te vergader nie. Soms kan deelnemers ‘n vergadering ontspoor slegs omdat iemand iets verkeerd gesê of gehoor het. Ons het sekere reëls nodig vir deelname aan personeelvergaderings. Hier is ‘n paar van belang:

1. Luister. Gee ander die geleentheid om hulle saak te stel. Seek to understand before being understood (Stephen Covey).

2. Moenie oordeel nie. Moenie aannames maak oor wat ander sê nie.

3. Deel in die denkpoel Almal gee hulle insette. Neem opreg deel.

4. Staan los van jou idees Moenie dinge persoonlik opneem nie. Aanvaar jou idees as jou persoonlike siening.

5. Laat ander toe om hulle saak swak te stel Help hulle om te artikuleer wat hulle probeer sê deur aan die gesprek deel te neem.

6. Privaatheid As persoonlike sake tussen jou en ‘n ander persoon die potensiaal het om die bespreking te ontwrig, hanteer dit vooraf op ‘n een-tot-een basis

7. Aanspreeklikheid Almal hou mekaar aanspreeklik vir hierdie stel reels.


Die gemeente is besig om dood te gaan

As die bywoningsyfers by eredienste aanhou daal, wat kan gedoen word om die agteruitgang te keer? 1. Kweek ‘n gasvrye en deernisvolle gemeente As ons praat van kerkvernuwing dink baie mense aan ligte en videos. Meeste gemeentes sal verdubbel in grootte as hulle net vriendeliker wil wees. Meeste gemeentes is nie vriendelik nie. Hulle lyk nie soos plekke wat wil hê dat mense terug moet kom nie. Dit gaan oor egtheid en liefde wat uit die hart vloei. As jy Jesus liefhet, moet jy ook diegene wat Hy liefhet, lief hê. As jy mense nie genoeg liefhet om hulle te verwelkom en te sê dat jy hulle graag daar wil hê nie, het jy nie vir Jesus voldoende lief nie. As mense besef dat die gemeente werklik vir hulle omgee, sal hulle heel waarskynlik terugkeer.

“A doorway into their lives is often opened through meeting needs compassionately. The culture around us is not the problem; it’s the culture inside the church that’s preventing growth.” 2. Aanvaar en implementeer noodsaaklike verandering Soms is ‘n duidelike sigbare verandering nodig om ‘n boodskap van verwelkoming na diegene buite die gemeente uit te stuur. Soms is dit net ‘n naamsverandering van die gemeente wat nodig is om die doel van die gemeente duideliker te kommunikeer. Soms is dit nodig om te verander vir ‘n nuwe benadering. As dinge nie gereeld verander nie, neem tradisie oor en ons rig heiligdomme op. 3. Onthou jou primêre missie – maak dissipels Alle leiers besef die belang van dissipels maak, maar min het ‘n strategie in plek om dit te verwesenlik. Om week na week net kerk te doen is nie ‘n vervulling van die Groot Opdrag nie.

Daar is altyd hoop vir sterwende gemeentes. Enige gemeente kan meer doeltreffend wees. Kerkleiers en lidmate het die nodige kennis en vaardighede om hulle gemeenskappe te bereik. Die fondament is die passie vir die evangelie.

bottom of page