Leer ons bid, asseblief!
top of page

Leer ons bid, asseblief!


“Gebed werk.”
“Daar is krag in gebed.”
“Ons moet meer bid.”

Al hierdie stellings bevat ’n stuk waarheid. Maar die feit is nie almal beleef hierdie krag, wat in gebed versteek is nie, of dat gebed aldag so effektief “werk” soos wat sulke aansprake lui nie, of dat dit elke keer die antwoord is nie. Ook bid die meeste mense nie meer male nie, al stem almal saam dit is ’n goeie ding om meer te bid. Baie studies toon aan dat mense gefrustreerd is met hulle gebedslewe. Gebed is eintlik maar net vir vele ‘n gepaste kniebuiging op die regte tyd en op die regte plekke in God se rigting, maar dis omtrent al.


Ons mag nooit gebedmoeg raak nie. Ons moet vanjaar Lukas 11 ernstig opneem. Hier rig Jesus se dissipels die belangrikste versoek ooit aan Hom: “Here, leer ons bid.” Nee, hulle vra nie vir Hom: “Maak ons beter gelowiges” nie. Hulle vra: “Here, leer ons bid.” Toe doen Jesus presies dit. Toe gee Hy aan hulle die gietvorm vir ware gebed. Toe gee Hy vir hulle die “Ons Vader”. Hierdie is die gebed van alle gebede. Hierdie gebed bereik God se troonsaal elke keer as dit hartlangs en opreg gebid word (Lukas 11:2-4). Jesus leer ons hier dat ware gebed vier ononderhandelbare boustene het:


1. Lof en aanbidding. Alle gebed gaan heel eerste oor God. Gebed is om voor God te buig. Hy is in die hemel en ons op aarde. Gebed maak ons klein sodat God groot kan wees. Gebed is ook hoe ons ons bewondering vir God in vrolike taal uitdruk.

2. Wettige daaglikse behoeftes. Wanneer ons vir onsself bid, dan vra ons God om in ons basiese lewensbehoeftes te voorsien. Nee, ons bid nie selfsugtig vir onsself nie. Sulke gebede val in elk geval op dowe ore, soos wat Jakobus 4 leer. Ons bid vir ons daaglikse brood.

3. Vergifnis. Gebed is die diepste uitdrukking van ons verhouding met God. Omdat ons weet dat ons soms droogmaak en ongehoorsaam aan Hom is, is gebed die plek waar ons dit opreg bely. Ons lê ons oortredings by Sy voete neer en hou op om dit te doen. Ook vra ons dat ons met harte vol vergifnis teenoor ander rondom ons sal leef.

4. Versoeking. Die Bose is ’n realiteit; daarom smeek ons God om ons weg te hou van verkeerde dinge. Ons vra Hom om te keer dat ons in die versoeking sal beland om teen Sy wil te leef.

bottom of page