top of page

Leef ’n trefferverhaal, die Here S’n


Orals laat ons afdrukke agter van onsself. Ons vingerafdrukke, ons voetspore en ons teenwoordigheid maak tydelike en soms ook blywende afdrukke. Om seker te maak dat dit goeie afdrukke is, moet ons ons lewe gedurig toevertrou aan die hande van die Here. Paulus vertel juis in 2 Korintiërs 3:3 dat ons as gelowiges ’n lewende brief van Christus is. Hierdie brief word nie met gewone ink op gewone papier geskryf nie. Die Gees van die Here is met hierdie skryfwerk op ons harte besig. Hierdie hemelse Meesterskrywer is besig om ons lewens te verander in trefferverhale, wat God se oog vang. In hierdie nuwe verhaal, wat die Gees skryf, is God self die Hoofkarakter. Hier gaan alles oor Sy eer. Hier maak ander mense ook saak. Nooit is hulle laste te swaar vir ons om hulle help dra nie.


Wanneer ons in gehoorsaamheid voor die Gees buig en aan Hom vrye teuels gee om ons lewensverhaal te herskryf, neem ‘n toptreffer in ons lewe vorm aan. Dan maak ons die regte blywende afdrukke in God se hart, asook in die harte van almal, wat elke dag in ons lewens betrokke is.

Comments


bottom of page