Laat staan daardie minderwaardigheidskompleks
top of page

Laat staan daardie minderwaardigheidskompleks


“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.” Dit het ek ’n onderwyser een keer vir ’n klasmaat hoor sê. Dit het vir my na ’n baie ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of ‘n mens daaraan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisies nie, maar innerlik wel. Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as wat jy aan jouself behoort te heg, is pure lyding. Boonop is dit ook onnodig. Hierdie kompleks steel die vreugde van die lewe onder jou uit.


Hoor hier, jy is nie minder werd as enigiemand anders hier op die planeet nie. Moenie dat die lewe of ander mense jou dit probeer wysmaak nie. Trouens, jou waarde is so hoog dat Jesus jou raakgekyk het, toe Hy ons almal se seer en oortredings op Sy eie skouers by Golgota gelaai het. Jou waarde is so hoog dat God jou op jou naam ken, omdat jy in Hom glo. Praat van kosbaar! God self gee hierdie hoë waarde aan jou. Moenie langer ly onder daardie kompleks, wat vir jouself probeer wysmaak jy is minderwaardig nie. Pak dit vir altyd weg, want dis nie die waarheid nie.

bottom of page