top of page

Kry woede en skuldgevoelens uit jou lewe


Skuldgevoelens is die goorste emosie op aarde. Ernstig! Mense, wat skuldig voel, beleef gedurig hulle is ander mense se gevangenes. Hulle is slagoffers van diegene, wat hulle laat skuldig voel. Al manier hoe sommiges sulke skuldgevoelens kan systap, is om dit in woede teenoor daardie einste mense te omskep. Dan verander hulleself meteens vanaf passiewe slagoffers in aggressiewe benadeeldes. Woede is diegene, wat skuldig voel,se manier om beheer van hulle eie gevoelens van magteloosheid teenoor almal, wat hulle skuldig laat voel, terug te neem. Daarom is daar so baie woedendes rondom ons. Hulle hanteer nooit onderliggende skuldgevoelens nie. Hulle projekteer dit op ander. Woede laat hulle beter voel, want dan is hulle in beheer. Dan is dit ander, wat hulle laat skuldig voel, se skuld. Dan dink daardie woedendes hulle het die reg om kwaad te wees.


Moenie ingesuig word in hierdie spiraal van woede en skuldgevoelens nie. God wil nie hê dat hierdie wrede emosies jou lewe oorheers nie. Kyk net watter skade doen dit aan mense rondom jou. Wil jy regtig so goor en ongepoets wees soos al daardie woedendes, wat gedurig swets, vingertekens wys en baklei? Wil jy gedurig ’n gevangene van ander wees? Dink jy dit is gesond om so te leef? Of dat dit enigsins die Here se goedkeuring wegdra? Hanteer sulke negatiewe gevoelens reg. Lug dit in die teenwoordigheid van ’n terapeut. (Jy is welkom om privaat hieroor met ekerk se terapeut, dr, Jaco Putter by berading@ekerk.org te gesels). Praat ook hieroor met ’n betroubare vriend. Sit dit neer by die Here se voete. Onthou, jy is niemand se slagoffer nie. Jy is regtig vry in die Here. Leef jou vryheid voor Hom uit.

Comments


bottom of page