Kersfees is vir elke dag van die jaar
top of page

Kersfees is vir elke dag van die jaar


“I Wish It Could Be Christmas Everyday" is 'n Kersliedjie, wat deur die Britse rockgroep, Wizzard, die eerste keer in Desember 1973 vrygestel - dit was dadelik ‘n treffer.


“Well I wish it could be Christmas everyday When the kids start singing and the band begins to play. Oh I wish it could be Christmas everyday.”

Kersfees is so ‘n spesiale tyd van die jaar, van saamwees, geskenke uitdeel en ook rus na ‘n jaar se harde werk. As kind was Kersfees vir my die wonderlikste tyd. Die somervakansies het eindeloos gevoel, ‘n wonderlike tyd van saamwees en speel. Die opbou na Kersdag, wanneer ons geskenke sou kry, was amper ondraaglik lank. En dan Kersdag self – na die Kersboodskap was dit geskenk oopmaaktyd! Ek het gewens dat Kersfees elke dag van die jaar kan wees!


Die wonderlike is dat die boodskap van Kersfees nie net vir Kersdag is nie – dit is vir elke dag van die jaar! Die hoop, wat op Kersdag gekom het, die hoop op ‘n ewige lewe saam met Hom, is vir die res van my lewe – vir elke dag. My Messias is gebore. Ek het hoop. Daardie babatjie was God wat mens geword: die Seun van God, wat aarde toe gekom het om ook vir my te wys hoe liefde lyk. Ek het hoop. Hy het Sy hemelse glorie prys gegee om tussen ons te kom woon. Om Sy lewe te gee dat ek gered kan word. Hierdie hoop is vir elkeen van ons.


Ons is nie nou meer op ons eie nie – God is nou by ons. Dit beteken dat wat ookal in die lewe gebeur, ek dit nooit weer alleen hoef te hanteer nie. Daar is hulp beskikbaar, ek is nie alleen in my swaarkry nie. Of dit bekommernis oor finansies is, of oor ‘n kind, wat nie op sy voete kan kom, of ‘n moeilike familielid of kollega – Hy is daar om my laste te help dra.


Hier teen die einde van Januarie, wanneer dit voel asof Kersfees net ‘n vae herinnering is, is dit dalk nodig om net weereens by die Kersboodskap te gaan stilstaan, net weer herinner te word aan die hoop, wat elkeen van ons in Christus het.


Peace on Earth, good will to men, kind thoughts and words of cheer are things we should use often and not just once a year. Remember too, the Christ-child, grew up to be a man; to hide him in a cradle, is not our dear Lord's plan. So keep the Christmas spirit, share it with others far and near, from week to week and month to month, throughout the entire year!”

Norman Wesley Brooks

bottom of page