Ken die verskil tussen mense wat swaarkry en voltydse luiaards
top of page

Ken die verskil tussen mense wat swaarkry en voltydse luiaards


Wat is die verskil tussen mense wat swaarkry en voltydse luiaards? Lees hoe help Stephan Joubert ons in sy Goeie Nuus.
Ken die verskil tussen mense wat swaarkry en voltydse luiaards

“Keeping up appearances” is ’n ou Britse sitcom. Ek onthou een toneeltjie, wat in bykans elke episode afgespeel het, wanneer die seun sy ouers gebel het. Dan was die pa se eerste vraag altyd: “How much does he want?” Dalk weet jy ook hoe dit voel. Party mense ken jou net solank as wat jy vir hulle geld gee. Of as hulle dinge van jou wil hê. Maar as jy daardie kraantjie toedraai, hoor jy skielik dat jy nie meer omgee nie. Of dat hulle geweet het jy sal hulle ook in die steek laat. In sulke tye help dit om te weet daar is ’n verskil tussen hulp aan mense, wat regtig swaarkry en onnodige hulp aan mense wat te lui is om te werk.


Paulus skryf padlangs in 2 Tessalonisense 3:10 dat as iemand nie wil werk nie, dan moet hy ook nie kos kry om te eet nie. Om luiaards te help, is juis om hulle nie te help nie. Dit sterk hulle net in hulle sondige luiheid. Die Here roep ons om diegene te help, wat wil werk maar wat nie kan nie, as gevolg van swak gesondheid of werkskaarste. Ons is geroep om mense in nood te help, nie manipuleerders of luiaards nie.

bottom of page