top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Jy is nie verplig nie…



  • Jy is nie verplig om sinies te leef nie. Dit is nie ’n voorvereiste vir alle Suid-Afrikaners om  deur alles en almal ontnugter te wees nie. Jy hoef nie voltyds kwaad te wees oor dinge, wat nie meer werk, soos wat dit vroeër gewerk het nie. Jy moet steeds vreugde in al die kosbaarhede, waarmee die Here jou daagliks omring, vind - die natuur, kuns, vriende, jou geliefdes, jou geloof!

  • Jy is nie verplig om jou hoop te verloor nie. Al word jy gekonfronteer met wie weet hoeveel kerklike twiste, sterwende gemeentes, vreemde teologieë en skynheilige gelowiges, mag dit nie die rede wees dat jy hoop verloor nie. Jy weet tog swaarkry was nog altyd goeie groeigrond vir geloof. Jy moet aanhou groei in insig, wysheid en kennis van die Here. Jy moet God se goedheid op nog meer plekke ontdek, al verloor baie kerklikes rondom jou hierdie einste kompas.

  • Jy hoef nie antwoorde vir alles te hê om steeds met groot oortuiging in die Here te glo nie. Jy hoef nie al die raaisels van die lewe op te los, voordat God sin maak nie. Jy mag met Hom worstel. Hy kan jou vrae hanteer, solank as wat jy dit reguit na Hom toe neem. Leer by Job en Jeremia. Die Here het hulle nie afgeskryf oor hulle vrae en twyfel nie. God laat Hom steeds deur elkeen, wat regtig na Hom soek, vind. Soek om Hom te vind en jy sal!

Commentaires


bottom of page