top of page

Jy is nie een-alleen nie


In die 2005 film, “Batman begins”, wonder polisiekommisaris Gordon van Gotham City hoe hy op sy eie kan opstaan teen al die magte van die duisternis in sy stad. Batman sluit dan by hom aan en sê: “Now we are two!” Net so! Twee vaar beter as een. Dit leer Prediker 4 ons. Op ons eie is ons te min, maar as nog iemand aanmeld vir diens, raak dinge sommer stukke beter.


Onsself moet vir ander daar wees, wat voel hulle staan alleen. Wanneer ‘n kollega by die werk kla dat korrupsie en swak diens wen, val ons langs hulle in en sê: “Nou is daar twee van ons, wat ‘n verskil gaan maak!” Wanneer ons plaaslike leraar kla dat niemand in die gemeente betrokke is nie, rapporteer ons vir diens met die woorde: “Hoe kan ek help?” Wanneer ‘n vriend of familielid van ons uit is op hulle voete, hoor hulle by ons: “Daar’s plek vir jou laste op my skouers.” Nooit los ons mense alleen of op hulle eie nie. Maar die beste nuus van alles is dat die Here ons ook nie op ons eie los nie. Sy Gees is by ons. Hy is elke dag by ons met Sy krag, genade en liefde.

Komentarai


bottom of page