Jesus verloor alles om te wen
top of page

Jesus verloor alles om te wen


Tussen die jare 1904 -1906 was Ossip Bernstein die negende beste skaakspeler ter wêreld. In 1918 is hy in Moskou gearresteer, omdat hy geldelike advies aan vyande van die staat verskaf het. Toe is hy ter dood veroordeel. Die dag voor Bernstein se teregstelling het ’n senior offisier hom in die tronk herken. Hy het vir Bernstein tot ’n skaakwedstryd uitgedaag, met die belofte dat sy lewe gespaar sou word, indien hy sou wen. Bernstein het dit maklik reggekry. Sy lewe is gespaar en hy het na Frankryk gevlug.


Die lewe is vreemd. Om te dink Bernstein moes op ’n dag skaak speel om sy lewe te red. Baie mense moes al ewe vreemde dinge doen om hulle lewens in oorlogsituasies te red. Maar niks troef Jesus se offer aan die kruis nie. Hy moes Sy lewe prysgee om ander s’n te red. In die hitte van die grootste geveg in die heelal se geskiedenis het Hy gesterf. Hy het doodgegaan in die grootste ruiltransaksie ooit tussen hemel en aarde sodat ons alles kan wen. Jesus het die hoogste prys betaal sodat almal, wat Hom navolg, nuwe lewe kan ontvang. Daarom dien ons Hom met soveel dankbaarheid. Daarom volg ons Hom met groot oorgawe.

bottom of page