Informasie is nog lank nie wysheid nie
top of page

Informasie is nog lank nie wysheid nie


In sy nuutste midweek Goeie Nuus, skryf Stephan Joubert dat informasie nog lank nie wysheid is nie.
Informasie is nog lank nie wysheid nie
“Wat is die doel van die lewe?”

vra iemand in ‘n fliek.

“Ek weet nie, maar Google dit gou, dan het jy die antwoord,”

hoor hy toe by sy vriend. Inderdaad het die internet almal se kits-antwoordverskaffer geword. Dit is ons buitebrein, ons “outboard brain”, soos wat iemand skryf.

“Vir wat moet ons so baie feite onthou? Ons kort net wifi, dan is al die antwoorde binne ons bereik,”

reken ’n ander skrywer. Wel, daar is een groot probleem hiermee - informasie is nog lank nie wysheid nie.


Ons mag miskien al die antwoorde op wie weet hoeveel dinge op die internet kry, maar om daardie kennis tot eer van God en tot opbou van mekaar te gebruik, is iets heeltemal anders. Wysheid is in ’n deurleefde verhouding met die Here geanker. Dit is hartsake en kopsake tegelyk. Wysheid begin met eerbied vir die Here en respek vir ander mense. Wysheid word altyd gesien, gevoel, gedoen in die regte gedrag en die regte woorde. Wysheid mond uit in ‘n nederige lewe, een waar daar gedurig nagedink word oor wat die regte pad voor die Here is. Daarom moet ons dringend wysheid van die Here afsmeek, soos wat Jakobus 1 leer. Terloops, God gee dit ook aan elkeen wat gelowig hiervoor bid.

bottom of page