Hê minder, hê oorgenoeg!
top of page

Hê minder, hê oorgenoeg!


Alexander die Grote, het op ‘n keer besoek afgelê by die filosoof Diogenes (412-323 vC). Hy het buite Korinte in ’n houtvat gebly. Alexander het gevra wat hy nodig het. Toe antwoord Diogenes: “Wat jy van my af weggevat het, kan jy nie weer teruggee nie.” Alexander het dadelik gevra wat hy bedoel. Hierop het Diogenes geantwoord: “Jy staan in my son.” Diogenes het kennelik min nodig gehad.


Dit is G. K. Chesterton wat gesê het daar is slegs twee maniere om genoeg te hê: Of jy moet meer dinge in die hande kry. Of jy moet jy moet minder dinge nodig hê. Meer of minder - dit is al manier om genoeg te hê. Eersgenoemde roete is nimmereindigend. Ek meen, wie het ooit genoeg dinge op hulle naam as hulle die eerste pad gekies het? As jy egter deur die Here se genade geleer het om tevrede te wees, dan het jy altyd oorgenoeg. Dan kan jy eerlik sê: “Die Here is my herder. Ek kom niks kort nie.” Dan is jy waarlik vry. Wees net een van die Here se skape. Dan lei Hy jou op die regte paaie. Dan is jy tuis by die Here tot in lengte van dae.

bottom of page