top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Hoop is nie ‘n plasebo nie


 “‘n Plasebo (soms genoem 'n foppil, in Engels: "placebo") is 'n inerte stof of behandeling, wat nie ontwerp is om terapeutiese waarde te hê nie.” So omskryf Wikipedia hierdie woord. Van plasebo gepraat: egte hoop is nie plasebo nie. Die bekende skrywer en Nobelpryswenner, John Steinbeck (1902-1968), skryf dat hoop verskillende gesigte in ons wêreld propvol wanhoop het. Vir die uitgeputte persoon beteken hoop rus. Vir die hongerige beteken hoop kos. Hoop dien as ’n skokbreker om die harde realiteite van die lewe te absorbeer. Steinbeck meen selfs dat as mense nie diep en onbewustelik glo hulle toekoms sal beter wees as hulle verlede nie, sal hulle uiteindelik hul oortuiging prysgee om aan te hou leef.


Hoop beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Maar nooit is dit veronderstel om ’n haastige pleister te wees wat ons twyfel en seerkry moet wegsteek nie. Of ’n plasebo-stropie, wat die illusie moet skep dat alles reg is nie. Hoop is nie ’n ontvlugting uit of ’n ontkenning van die werklikheid nie. Hoop, daardie soort hoop, wat geanker is in die Here Self, ontspring juis in hierdie stukkende realiteit van ons. Sulke hoop is die vaste innerlike oortuiging dat Hy hier en nou by ons is. Hy gee ons nie net hoop nie - Hy ís ons hoop! Daarom weet ons, ook stroom-op, God hou ons enduit in die oog. 

Comments


bottom of page