Hoe meet jy Geesvervuldheid?
top of page

Hoe meet jy Geesvervuldheid?


Stephan Joubert gesels in hierdie ekerk artkel oor hoe meet ons of ons geesvervuld is?
Hoe meet jy Geesvervuldheid?

Lees Handelinge 2:46


Die meetinstrument vir egte lewe in die kerk is nie geleë in die aantal programme of aksies wat kerke aanbied om nog meer mense op hul perseel te kry nie, maar in die vraag of diegene wat al hierdie aktiwiteite bywoon bedienings van hul eie in plek het as hulle die kerkgebou verlaat. Dis juis buite die kerk se deure waar Geesvervuldheid wys… of nie! Die vraag is dus hoeveel kerkgangers is deurlopend betrokke by selfstandige aksies soos die versorging van armes; ondersteuning aan eensames, siekes, straatkinders, jongmense, bejaardes, soekendes, verlorenes, endiesmeer?


Eers wanneer mense daagliks deur Jesus se volgelinge met liefde gedien word, maak ons besoeke aan kerkgeboue regtig sin. Dan wys dit of ons met die Gees vervul is. Geesvervuldheid verander kerkwees van Maandag tot Sondag in een groot simfonie; ‘n weeklange erediens tot eer van God wat nooit ophou nie. Dit maak van die hele lewe ‘n simfoniesaal, ‘n gimnasium en ‘n hospitaal tot eer van God. Dan eers werk die Gees daagliks daar waar dit saakmaak.


Om maar net Sondae die Here te loof en halleleuja uit te roep mag miskien indrukwekkend en vroom klink. Maar dis nog lank nie genoeg nie. Geesvervuldheid wys nie ten volle wanneer ek tussen ander gelowges is nie, maar juis wanneer ek op my eie is. Dit wys ook wanneer ek in die donker wêreld ‘n helder lig is.


Gebed

Gees van die lewende Christus, laat U teenwoordigheid asseblief sigbaar wees in die wêreld. Amen

bottom of page