top of page
Elmarie van der Westhuizen

Hoe hanteer ek geestessiektes van ander om my?


Die UK-gebaseerde liefdadigheidsorgansasie, Kintsugi Hope, beywer hulle vir groter begrip, empatie en ondersteuning vir lyers aan geestessiektes. Kintsugi Hope is genoem na ‘n ou Japanese kunsvorm, Kintsugi. Dit is 'n Japannese tegniek vir die herstel van pottebakkery met nate van goud. Dit herstel die gebrokenheid op 'n manier, wat die voorwerp mooier en selfs meer uniek maak, as wat dit was voordat dit gebreek is. In plaas daarvan om die littekens weg te steek, word dit juis beklemtoon.


Die stigter, Patrick Regan, vertel dat ‘n reeks lewensveranderende gebeure ‘n geweldige las op sy emosionele en geestesgesondheid geplaas het.


My ‘man up' self talk didn't work and I ended up suffering with anxiety and depression. I felt broken and filled with shame. However, when I opened up to share my brokenness, I found I wasn't alone."


Hierdie eerlikheid en openheid oor sy eie geestelike en emosionele stryd het nie net homself gehelp nie, maar ook ander aangemoedig om openlik oor hulle eie situasie en gevoelens te wees.


Die Bybel praat nie direk oor geestesgesondheid, soos ons dit vandag ken nie, maar verskeie bekende gelowiges het hiermee gesukkel. Mense soos Elia, Jeremia en eeue later ook Martin Luther, Charles Spurgeon, Florence Nightingale en Moeder Teresa.


Vandag is daar groter begrip en empatie vir mense se stryd met geestesongesondheid, veral met depressie en angstigheid. Daar is egter steeds stigma en onkunde oor ander siektes, soos o.a. bipolariteit, outisme, PTSD. Die meeste gelowiges met geestesgesondheidsprobleme voel dikwels die kerk is nie ondersteunend genoeg nie. ‘n Gebrek aan inligting en kennis veroorsaak dat hulle steeds beskou word as o.a swak Christene, dat hulle swaarkry a.g.v. ‘n onbelyde sonde en dat hulle nie genoeg op God vertrou nie.


Die meeste geestessiektes het grootliks ‘n fisiese grondslag. “No one with the flu is disobedient by feeling unwell; equally no one with depression or anxiety is disobedient by feeling low.” (mindandsoulfoundation.org)


Hoe kan ek help en ondersteun? Die kerk kan ‘n veilige hawe vir lyers en hul families wees, waar hulle eerlik oor hulle gevoelens en stryd kan wees, sonder om veroordeel te word. Ons kan hulle in gebed en liefde toevou en hulle herinner aan God se onvoorwaardelike liefde vir hulle. Ons kan saam met hulle die pad stap en net luister, daar wees in hulle worsteling. Job se vriende het net by hom gesit in sy rou. (Job 2:13)


Kintsugi Hope noem hierdie ‘n “sagte teenwoordigheid”. Dit beteken om die persoon agter die wanorde te sien as ‘n mede-Jesus-volgeling, wat deur ‘n moeilike tyd gaan, en om hulle waardigheid te erken.

The mind can descend far lower than the body, for in it there are bottomless pits. The flesh can bear only a certain number of wounds and no more, but the soul can bleed in ten thousand ways and die over and over again each hour.” - Charles Spurgeon

Comentários


bottom of page