top of page

Hardkoppigheid is nie ’n deug nie


Jare gelede gaan kuier ek by ’n vriend in die hospitaal. Daar vertel hy my toe hoe die persoon in die bed langs hom pas op sy krukke buitekant toe gestrompel het om daar te gaan rook. Dit was kort nadat ’n deel van sy been afgesit is as gevolg van gangreen, wat veroorsaak is deur sy rookgewoontes. Daardie ou was dus letterlik besig om sy liggaam op te rook. Nogtans het hy hardkoppig hiermee volhard.


Kom ons wees eerlik: ons almal is soms hardekop. Ons steur ons nie aldag aan goeie raad of aan dit, wat ons weet, reg is nie. Hier’s ’n nuusflits: hardkoppigheid is nie ’n deug of ’n goeie karaktereienskap nie. Die Here noem dit dwaasheid, wanneer ons domastrant ons eie kop volg. Dit is een ding om sterk opinies te hê, maar dit is iets anders om nooit na enige raad te luister nie. God stuur gedurig mense oor ons pad om ons te help en om ons op die regte pad met wyse raad te begelei. Ander mense weet dikwels beter as onsself. Ons moet luister na hulle luister. Ons moet hoor wat die Here vir ons deur vriende en medegelowiges wil sê. Dít is wysheid.

Comments


bottom of page