top of page

Goedheid (kindness)


Daar is ‘n groot verskeidenheid wonderlike maniere, waarop ek goedheid teenoor ander kan bewys. Ek kan bv. vir iemand se koffie betaal, of plek voor my in die ry gee. Veral in Europa bewys mense gedurende Lent“random acts of kindness” teenoor vreemdelinge. Dis natuurlik heerlik om aan die ontvangkant van hierdie kindness te wees!


Die Bybel is ook vol van voorbeelde van kindness van mense teenoor ander. Boas laat Rut toe om graanare op sy land op te tel, die Farao se dogter haal Moses tussen die riete uit en maak hom as haar eie kind groot en die barmhartige Samaritaan versorg iemand, wat hy nie eens ken nie. In elk van hierdie gevalle het kindness iemand anders se lewe ingrypend verander.


Bybelse goedheid is egter meer as net ‘n vriendelike daad of ‘n koppie koffie vir iemand koop. Dit is goddelik, ‘n vrug van die Heilige Gees, doelbewus, ‘n gesindheid van die hart. Jesus is ons perfekte voorbeeld hiervan. Vir die 3 jaar van Sy bediening het Hy Hom ontferm oor alle mense. Hulle kon op Hom staatmaak – die weduwees, die melaatses, die vreemdelinge.


Soos Steven Witmar, pastoor van Pepperell Christian Fellowship, tereg sê: ”True kindness is Spirit-produced. (Galatians 5:22) It’s a supernaturally generous orientation of our hearts toward other people, even when they don’t deserve it and don’t love us in return. God Himself is kind in this way.”


Maar aan onsself oorgelaat, wil ons meesal kies aan wie ons kindness wil bewys. Ons doen dit aan vriende, familie en kennisse, mense wat soos ons dink, mense wat ons voel die goedheid sal waardeer. Jesus vra egter van my om goedheid te bewys aan alle mense, ook mense waarvan ek moontlik nie eers hou nie! Dit is ‘n gesindheid wat gee sonder om die koste te bereken, soos Jesus vir my gedoen het.


Dit vra iets van my – dit vra ‘n hartsverandering. Dan kan ek soos die Oekraïniese verpleegpersoneel die vyandige 100 Russiese soldate versorg, wat opgeneem is met kernbestraling van die Chernobil kernkragstasie. Of soos ‘n vriend, *Gerhard, jare gelede vertel dat hy sy broer vir ‘n tydperk finansieel ondersteun het, al was hulle vervreemd van mekaar.


Ware goedhartigheid word deur die Gees geproduseer en, soos die ander eienskappe van die vrug van die Gees, kan dit net verkry word deur gereelde tyd in God se teenwoordgiheid te spandeer. Slegs met hierdie Geesvervulde hartsgesindheid kan ek, wanneer my vyand honger is, sorg dat hy iets te ete kry; as hy dors is, hom iets gee om te drink. (Rom.12:20)


*Skuilnaam

Comentarios


bottom of page