Goeddoen is nie ’n sonde nie
top of page

Goeddoen is nie ’n sonde nie


“Ons word nie gered deur ons goeie werke nie.” Dit is deeglik in my kinderjare by my ingedril. Dalk het dit ons geïmmuniseer teen goeie werke. As dit ons dan nie red nie, dan doen ons dit nie, of so-iets! Wat ’n jammerte, want die Bybel roep ons gedurig op om goed te doen. In Titus 2:7 moedig Paulus sy helper Titus aan om homself as ’n voorbeeld van goeie werke aan ander gelowiges voor te hou. Hulle moet sy geloof in sy mooi werke sien, presies soos wat die Jakobusbrief ons ook leer.


In Titus 2:14 skryf Paulus dat onsself moet oorloop van ywer om goeie werke vir Christus te doen. Ons moet so aangegryp wees deur God se genade dat ons gedurig vir Hom wil dankie sê deur reg te leef en goeie dinge vir ander in die Here se Naam te doen. Ons doen goed, want dit is hoe ons as begenadigdes leef. Ons loop oor van liefde vir ander mense, want dit is hoe die Heer ons leer om te leef. Presies so moet ons hierdie nuwe jaar tot eer van die Heer deurbring. Terloops, gebeur sulke goeie dade daagliks in jou eie lewe?

bottom of page