God kom vir ons in 2023
top of page

God kom vir ons in 2023


’n Paar jaar gelede het Leif Peterson ’n aangrypende getuienis by die begrafnis van sy pa, Eugene Peterson, gelewer. Hy was onder andere die vertaler van “The Message” wat miljoene mense se lewens aangeraak het. Leif het vertel sy pa het eintlik net een boodskap gehad, wat hy gedurig op verskillende maniere oorgedra het. Elke aand as Eugene vir hom in sy kinderdae nag gesê het, het Eugene daardie een boodskap in Leif se oor gefluister:

God loves you. He's on your side. He's coming after you. He's relentless.”

Wat ’n boodskap! Wat ’n waarheid wat ons vanjaar in mekaar se ore moet fluister. Nee, ons moet in 2023 dit van die dakke af uitbasuin. Die Here gee nooit op met ons nie. Hy is op ons hakke om Sy liefde met ons te deel. Hy staan aan ons kant. Dit is presies ook die verhaal van die kruis. Daar het Jesus al die vuur hanteer. Daar het Hy vrede gemaak tussen aarde en hemel. Daar het Sy nimmereindigende soektog na ons almal begin. Ons is op die radarskerm van die goeie God van hemel en aarde hier in 2023. Dít is mos goeie nuus, of hoe!

bottom of page