Gewone mense maak ook saak vir Jesus
top of page

Gewone mense maak ook saak vir Jesus


Jesus het sy lewe verruil aan die kruis vir stukkendes, uitgeworpenes, gevallenes, dwelmgebruikers, misdadigers, duiwelaanbidders, randfigure en kie. Dit is waar. Maar Hy het ook die kruispad geloop vir gewone mense wat gewone lewens leef. Jy hoef regtig nie ’n baie groot sondaar te wees voordat God jou liefhet, of voordat Jesus kans sien om jou laste op sy skouers te tel nie. Ook hoef jy nie ‘n verloste duiwelaanbidder te wees, of ‘n gewese dwelmslaaf voordat jy ‘n kragtige getuienis het nie. Of een of ander verskriklike sondige lewe te geleef het waaruit jy nou bevry is nie. Voordat jy my verkeerd verstaan - dit is wonderlik as jy kragdadig gered is uit ’n rowwe lewe, maar God hou van gewone mense ook wat nie ’n groot getuienis het oor ’n verskriklike sondige lewe nie. Gewone mense het sy genade ewe nodig as die res. Wag, ons almal is net gewone mense. Ons almal is spesiaal vir God. Hy wil ons almal graag naby aan Hom hê. Daarom is die goeie Herder op ons almal se hakke. En as Hy ons vind, dra Hy ons terug na ons Hemelse Vader se huis. Daar’s regtig plek vir ons almal.

bottom of page