top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Gepaste gebooie vir ons aangepaste “normale“ lewe


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus oor gepaste gebooie vir ons aangepaste “normale“ lewe.
Gepaste gebooie vir ons aangepaste “normale“ lewe

Ons almal is deur die coronavirus gedwing om ’n groot deel van ons lewe op sosiale mediaplatforms deur te bring. Baie van ons se besighede, kuiers en kerk het hierheen geskuif. Sosiale media is nie net digitale pleisters tot alles weer na “normaal” terugkeer nie. Leer daarom om dit reg te gebruik, want dit gaan deel van ons realiteit in die toekoms wees. Hier is vier digitale gebooie, wat mag help:

  • “Minder is meer.” Moenie elke dag sosiale mediaplatforms met “sweet nothings” of massas foto’s oorstroom nie. Jy het ook nie nodig om ‘n opinie oor alles op sosiale media te lug nie.

  • “Wees geloof-wys.” Jy hoef nie ’n nuwe preekloopbaan op die internet af te skop nie. Moenie Bybelverse oorhaastig aanhaal asof jy “hemelse antwoorde” ter verklaring van corona en kie aan almal verskuldig is nie. God het nie internet-advokate nodig nie, net keurige gelowiges. 

  • “Moenie digitaal skinder nie.” Onthou, die internet onthou! 

  • “Systap fopnuus.” Kontroleer altyd eers die feite voordat jy verdagte nuus versprei.

Wees asseblief keurig en stylvol op sosiale mediaplatforms tot eer van die Heer aanwesig.

Comments


bottom of page