Gelukkig is die Here nie slegs per afspraak beskikbaar nie
top of page

Gelukkig is die Here nie slegs per afspraak beskikbaar nie


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus oor die Here wat gelukkig nie slegs per afspraak beskikbaar is nie.
Gelukkig is die Here is nie slegs per afspraak beskikbaar nie
“Mag jy ’n ontmoeting met die Here hê!”

Dit word soms aan die begin van eredienste gesê. Maar dit help my nie so baie nie. Meen diegene wat dit sê dalk God is slegs per afspraak bereikbaar? En gebeur dit net tydens eredienste? Of in deesdae se taal - slegs tydens virtuele samekomste van gelowiges? Ontmoet die Here slegs sommiges in die kerklike gehoor? Of staan almal darem ’n gelyke kans om Hom te ontmoet? Wat gebeur as hierdie “ontmoeting” verby is? Gaan ons elkeen dan voort op ons eie pad totdat ’n volgende “ontmoeting” met die Here hopelik plaasvind? Is sulke ontmoetings soos om ’n afspraak met ’n dokter te maak; dan wag jy maar geduldig jou beurt af totdat hy of sy jou kan sien? Ek dink nie so nie. God is orals. Hy is altyd bereikbaar. Ons ontmoet Hom nie; ons leef saam met Hom. Groot verskil! Hoor weer: ons “ontmoet” God nie, ons leef elke dag in sy teenwoordigheid deur Christus. Net dalk is dit beter om eerder vir mekaar te sê:

“mag ons oë oopgaan vir die feit dat die Here reeds by ons is.”

Hy is hier, of ons gereed is, of nie!

bottom of page