• Roedolf Botha

Geluk of betekenis?


In hierdie My Wêreld nuusbrief vra Roedolf Botha wat die belangrikste is, geluk of betekenis?
Geluk of betekenis?

Leslie Newbigin was vir vyf en dertig jaar ‘n sendeling in Indië, waarna hy na die Verenigde Koninkryk teruggekeer het. Toe hy egter terugkeer, was hy ontnugter en geskok, toe hy besef hoe sekulêr en nie-gelowig Engeland geword het. Hy was veral geskok oor die meeste mense se geestestoestand en hoe hulle geluk najaag, maar dit – ten spyte van alle pogings – bly ontglip. Na ‘n tyd van lang refleksie skryf hy toe onder andere hoe die aanbreek van die moderne tyd spesifieke unieke uitdagings aan ons geestesgesondheid bied, wat ernstig opgeneem moet word. Hy skryf onder andere:


Medieval people believed with great seriousness that final happiness lay on the other side of death. They did not expect it in its fullness on this earth. But the methods of modern science provide no grounds for belief that there is anything beyond death. Hence, the whole weight of human happiness has to be carried in the few short and uncertain years that are allowed to us before death ends it all. The quest for happiness becomes much more hectic, more fraught with anxiety than it was to the people of the Middle Ages.

Wat hy bedoel het, is dat die geweldige tegnologiese ontwikkeling van die moderne tye die belofte ingehou het dat ons alreeds hier en nou volledige geluk kan skep. Ons het mos nou die vermoë, deur tegnologie - so is geglo. Waar mense voorheen tevrede met Bybelse vreugde, Goddelike doel en betekenis, sonder onmiddellike, volkome geluk was, verwág mense volkome geluk van die lewe, reeds hiér en nóú. Mense beleef egter dat dit nie altyd gebeur nie; daarom raak hulle angstig, benoud en depressief, wanneer hulle dit nie kry nie.


Met gelowiges is dit nie anders nie. Hierdie moderne sekulêre denke beïnvloed ook ons geloof en lewensgeluk elke dag. Ons glo wel in God en Jesus, maar omdat ons vir die eerste keer in die onlangse geskiedenis in ‘n sekulêre tyd leef, glo ons ánders as vorige tye. Ons asem as’t ware elke dag sekulêre lug in, wat dan deel word van ons innerlike samestelling. Ons poog Sondae om God te aanbid, maar ons begeer ook maar in ons harte dieselfde dinge as die wêreld. Ons het dikwels tog maar ongesonde begeertes na materiële voorspoed. En wanneer hierdie voorspoedige toekoms van ons bedreig word, raak ons sielsongelukkig.


Ons leef ook asof daar geen lewe na die dood is nie. Ons glo wel daar is, maar ons verwag steeds van God om ons nou alreeds volkome gelukkig te maak. Ons wonder waarom Hy dan nie ons selfsugtige smekinge verhoor nie. Die kleinste dingetjies kry dit reg om ons geweldig om te krap.

Bybelse vreugde werk anders. ‘n Baie meer Bybelse fokus vir die lewe word vir my verteenwoordig in die baie bekende Prayer of Serenity. Dit lui so:


God, give me grace to accept with serenity

the things that cannot be changed,

courage to change the things

which should be changed,

and the wisdom to know the differnece.

Living one day at a time,

Enjoying one moment at a time,

Accepting hardship as a pathway to peace,

Taking, as Jesus did,

This sinful world as it is,

Not as I would have it,

Trusting that You will (eventually) make all things right,

If I surrender to Your will,

So that I may be reasonably happy in this life,

And supremely happy with You forever in the next.

Mense wat dit regkry om hierdie gebed uit hulle harte uit te bid en te leef, het gevind dat ‘n diep Jesus-vreugde uiteindelik aan hulle deur kom klop om homself permanent in hulle lewens tuis te maak.