Geesgevuld
top of page

Geesgevuld


Stephan Joubert skryf dat ons moet toelaat dat Hy ons ganse bestaan elke dag vervul.
Geesgevuld

Sekerlik die bekendste teks oor die Heilige Gees se werk saam met Handelinge 1:8, is Efesiërs 5:18. Hier stel Paulus dit onomwonde dat ons nie onsself aan drank te buite moet gaan nie. Maar dieselfde verbod geld hoegenaamd nie wat die Gees betref nie. Inteendeel. Ons moet oorboord gaan as dit by Hom kom. Ons moet toelaat dat Hy ons ganse bestaan elke dag vervul.


Paulus verstaan die vervulling van die Gees as ‘n permanente opdrag aan elke gelowige, nie as ‘n vrywillige keuse nie. Hy sê ons moet toelaat dat die Gees ons volmaak. Net soos wat ‘n mens dadelik agterkom as iemand vol wyn is, netso moet mense dit agterkom as ons Geesvervuld is. Ons moet Hom toelaat om Sy nuwe wyn nou al in ons lewe te laat vloei. Van ons kant af moet ons soos druiwelote deel bly van die Ware Wingerdstok, Jesus Christus, en Hom toelaat om Sy lewegewende sap deur ons lewe te laat vloei. Gehoorsaamheid aan die Gees is ‘n daaglikse ritme. Nog beter gestel, dis ‘n geestelike dissipline, wat ek daagliks moet inoefen. Dag vir dag moet ek kies om tegelyk leeg en vol te wees - leeg van myself en vol van God. Soos ‘n leë houer moet ek my lewe oopstel voor God se Gees sodat Sy goedheid my kan vul.


Gebed:

Hier is ek - vervul my opnuut, Heilige Gees. Amen

bottom of page