top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Geen lisensie vir droogmaak nie


In hierdie Heilige Gees artikel, skryf Stephan Joubert oor ons as gelowiges wat nie 'n lisensie het om droog te maak nie.

Die feit dat die Gees van die Here geloof in my werk en my elke keer kom opsoek as ek die spoor byster raak, gee nie aan my ‘n lisensie om in die sonde rond te lê nie. Glad nie. Ek is die Here se permanente eiendom. En sy eiendom leef nooit soos die opposisie nie. Ons klere is immers gewas in die bloed van die Lam, soos wat Openbaring 7 sê. Ons is duur gekoop en die prys is klaar betaal. Daarom moet ons God verheerlik in elke daad, woord en gedagte.


Sonde is ons aartsvyand. Ongehoorsaamheid aan God durf daarom nie eens op ons radarskerm wees nie. Die Gees van die Here gun nooit aan ons die “reg” om soos Annanias en Safira in Handelinge 5:1-11 vir die Here te jok nie. Hy laat ons nooit toe om ons eie eer soos hierdie egpaar te soek nie. Ons kan daarom nie voorgee om te wees wat ons nie is nie. Die Gees sal enige skeinheidligheid in ons lewe die een of ander tyd ontmasker. Daarom speel ons nooit speletjies met sy kosbare werk in ons lewe nie. Hiervoor is die prys veels te hoog, soos wat Annanias en Safira te laat agtergekom het. Waar die Gees aan die werk is, bring Hy heiligheid en toewyding aan God. Kom ons stel onsself oop vir sy nuwe werke.


Gebed

Meer heiligheid, Heer- dis waarna ek smag. Wees my genadig.

Amen

Comments


bottom of page