Gee ek toe aan pessimisme?
top of page

Gee ek toe aan pessimisme?


The pessimist sees difficulty in every opportunity. The optimist sees opportunity in every difficulty.” - Winston Churchill

As ons na die wêreld om ons kyk, kan ons maklik pessimisties oor die toekoms word. Petrolpryse asook kos- en elektrisiteitspryse het die hoogte ingeskiet. Dan is daar nog beurtkrag, korrupsie, geweld en verhoudingsprobleme.


Pessimisme het ‘n epidemie geword, waar chroniese negatiewe gedagtes, soos Covid, vinnig versprei het. Dit is ‘n gevoel van hopeloosheid en dat iets slegs gaan gebeur. Dis asof daar 'n donker wolk oor jou kop hang en angstigheid jou soos ‘n hiëna agtervolg. Dit help ook nie dat die negatiewe en pessimistiese gesprekke om die braaivleisvure die bietjie emosionele, energie wat jy nog oor het, verder tap nie.


Oral is daar doemprofete en as jy saamstem met wat hulle sê, sal jy uiteindelik oortuig wees dat daar geen hoop vir jou situasie is nie. In Numeri 13 het 10 van die verspieders slegs struikelblokke en gevare raakgesien en met hulle pessimisme en negatiwiteit die volk oorgehaal om nie meer op die Here en Sy beloftes te vertrou nie. Daarteenoor het Kaleb en Joshua hulle moed ingepraat om positief te bly en tog die land in te neem. Die gevolg is dat slegs Kaleb en Joshua die beloofde land kon binnegaan, terwyl die Israeliete 40 jaar in die woestyn rondgeswerf het as gevolg van hul sondige negatiwiteit. Jou pessimisme gaan dalk nie ‘n volk in sonde laat verval nie, maar jy kan in jou gesprekke veroorsaak dat ander hul oë van die Here wegdraai.

Ek kan kies om nie na doemprofete te luister nie, ongeag wat in die wêreld gebeur of wat my omstandighede is. Ek kan kies om soos Paulus “styf vas te hou aan die hoop, wat ons bely, want ons kan op God staatmaak - Hy sal doen wat Hy beloof het.” (Hebreërs 10:23, Afr83)


Wanneer ek tyd by die Here in Sy Woord spandeer, kry ek ‘n nuwe Goddelike perspektief op my omstandighede - my hele uitkyk en my lewe verander. (Romeine 12:2) Met hierdie veranderde lewe en nuwe positiewe uitkyk verander my pessimisme in optimisme en hoop. Dan het ek ‘n innerlike vreugde en vrede, ongeag my omstandighede.


Net soos negatiwiteit aansteeklik is, so is optimisme ook. My keuse om my denke te verander, gaan dalk nie net my lewe verander nie, maar ook die lewe van ander.


Optimists don’t ignore the difficulties, but the knowledge of God’s presence prevents them from becoming discouraged. It’s impossible to stand in His presence and be a pessimist. If we focus on our problems, they’ll seem gigantic. But as we focus on God, we see our situation in perspective and are assured that all things are possible. – Henry Blackaby
bottom of page