Gebruik minder woorde
top of page

Gebruik minder woorde


Hier is Stephan Joubert se nuutste midweek Goeie Nuus "Gebruik minder woorde"
Gebruik minder woorde

Toe Dr Seuss sy kinderboek The Cat in the Hat geskryf het, het sy uitgewer 225 woorde aan hom gegee, wat hy deurgaans kon gebruik. Met die skryf van Dr Seuss se volgende boek het sy uitgewer Bennet Cerf hom $50 gewed dat hy nie ’n boek kon skryf, waarin hy slegs 50 woorde deurgaans gebruik nie. Toe doen hy dit. Green Eggs and Ham het 200 miljoen kopieë verkoop! Ons dink gewoonlik dat baie woorde die ding vir ons moet doen. Dit is egter nie nodig nie.


Jesus het ons geleer dat verbale stortvloede nie by God werk nie. In Matteus 6 hoor ons dat Hy nie deur massas woorde beïndruk word, wanneer ons bid nie. Hy weet presies wat ons nodig het. Daarom hoef ons God nie met indrukwekkende woorde, of met baie woorde te oorstroom nie. Hou dit kort, met ander woorde. Dieselfde leer ons in Prediker 4:17-5:2. God word nie deur baie woorde geroer nie, maar deur opregte harte. Ons bid kort en kragtig. Ons praat met integriteit met God. Minder is meer op die Here se terrein. Minder woorde, maar meer opregte woorde is wat tel. O ja, en minder woorde, maar groter geloof!

bottom of page