Ek vlug nie weg nie
top of page

Ek vlug nie weg nie


Doug Adams (The Salmon of Doubt: Hitchhiking the Galaxy One Last Time) sê: “Everything that’s already in the world when you’re born, is just normal. Anything that gets invented between then and when you turn 30, is incredibly exciting and creative. Finally anything that gets invented after you’re thirty, is against the natural order of things …” Toe voeg iemand die volgende woorde by: “… and the beginning of the end of civilization as we know it until it’s been around for about ten years, when it gradually turns out to be right really.”


Inderdaad! Nuwe tegnologie, nuwe uitvindings, nuwe sosialemediaplatforms … jy noem dit en mense is versigtig hiervoor totdat hulle dit verstaan. Toe Mark Zuckerberg Facebook in 2004 begin het, was dit vir meeste van ons ’n vreemde besigheid. Vandag is dit tweede natuur. Dieselfde gebeur tans met ChatGPT. Almal wat dit nie verstaan nie, is bang daarvoor. In elk geval, soos wat ek altyd vir myself sê: ek moenie uit die staanspoor teen nuwe dinge wees net omdat ek dit nie verstaan nie. Ek moet die Here se Gees vertrou om my te lei, terwyl ek met ’n deursigtige ingesteldheid leef. Ek vlug nie weg van die wêreld, wat ek nie verstaan nie. Ek leer om dit te verstaan en plaas dit onder beheer van die Heer.

bottom of page