top of page

Ek vat vyf in 2023


Ek kies die volgende vyf lewensbeginsels in 2023:

  1. Wees stil. Ek gaan myself oefen om nog meer te wag op die Here, soos wat daar in Habakuk 2:20 staan. Hy leer my dat die hele aarde voor God in Sy heilige tempel moet stil moet wees. Daarom gaan ek elke dag ’n stilhouplek in my lewe inbou.

  2. Wees vrygewig. Ek gaan my gedurig herinner aan Jesus se woorde: “Dit is beter om te gee as om te ontvang.” (Handelinge 20:35) Ek wil vanjaar geken word aan ‘n oop hart en oop hande, eerder as aan ’n suinige ingesteldheid.

  3. Wees geduldig. Alles wat die moeite werd is in die lewe, neem tyd. Daarom gaan ek toelaat dat die Gees van die Here Sy werk in my lewe op Sy terme doen en teen Sy spoed. Hy sorg self vir die regte groei in my lewe. Hy sorg vir die regte vrugte op die regte tyd.

  4. Waag nuwe dinge. Geloof is om die onbekende saam met die Here in te stap. Dit is om te weet Jesus is die pad, al ken ekself nie die pad, wat in 2023 voorlê nie. Ek gaan Hom enduit volg. Ek gaan nooit kleingelowig raak nie. Ek gaan my kinderlike opgewondenheid en nuuskierigheid regdeur die jaar behou. Ek gaan eerder foute maak, omdat ek nuwe dinge gewaag het, as om foutloos niks te doen nie.

  5. Raak vergeetagtig. Ek gaan minder aan myself en my eie behoeftes dink en meer aan dié van ander. Ek gaan nie selfgerig leef nie, of myself gedurig so ernstig opneem nie. Ek wil nog meer leef tot eer van God en nog meer tot voordeel van ander. Vanjaar wil ek as een mens ’n lewende seën wees. Ek wil ander se lewens ryker deur my gebede, my omgee, my hier wees maak. Ek wil hoop beliggaam. Ek wil vrede, die Here se soort, ervaar. In 2023 wil ek deel van die Here se antwoord op my eie en ander se gebede wees. Ek wil in die Here se Naam ‘n lewende verskil van een wees.

Comentarios


bottom of page