Ek het in 2022 gehoor… Maar 2023 gaan anders wees
top of page

Ek het in 2022 gehoor… Maar 2023 gaan anders wees


  • Ek het in 2022 gehoor: “Ons het so groot geword.” Maar toe leer ek in die Bybel ek hoef regtig nie só oud te word nie. Daarom gaan 2023 anders wees.

  • Ek het in 2022 gehoor: “Jy moet iets agter jou naam hê.” Maar toe ontdek ek God gee aan my ’n nuwe identiteit. Hy noem my Sy kind, omdat ek in Christus glo (1 Johannes 3:1). Daarom gaan 2023 anders wees.

  • Ek het in 2022 gehoor: “Jy moet jou lewe uitsorteer.” Maar toe ervaar ek deur die loop van die jaar Christus doen die uitsorteerwerk miljoene kere beter as ekself. Daarom gaan 2023 anders wees.

  • Ek het in 2022 gehoor: “Dit is elkeen vir homself en haarself.” Maar ek was dankbaar om in 2022 deel te wees van Sy aardse geloofsfamilie, waar mense mekaar se laste dra en vir mekaar omgee. Dit gaan ook in 2023 gebeur.

  • Ek het in 2022 gehoor: “Ons moet vir die Here werk.” Maar toe ontdek ek Hy het al die werk klaar gedoen. Nou kan ek in 2023 net vir Hom leef.

  • Ek het in 2022 gehoor: “Ons moet vanjaar groot dinge vir die Here doen.” Maar nou begryp ek kleiner is die regte grootte vir die Here. By Hom is eerste laaste en voor is agter, ook in 2023.

  • Ek het in 2022 gehoor: “Eendag sal die wêreld anders wees.” Maar toe leer ek dat ek slegs vandag tot my beskikking het om tot eer van die Heer te leef. Gister is verby. Môre is nog ’n nagreis ver. Vandag is die dag van die Here en so ook elke ander dag, wat op my in 2023 wag.

bottom of page